NewsSchools

Afrikaans staan sterk in die matriekuitslae

In terme van die 2013-resultate, beteken dit meer as 800 000 kinders elke jaar!

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, se aankondiging dat daar ʼn verbetering in die Nasionale Senior Sertifikaat-uitslae was, verwelkom. “Ons weet dat die Minister erns het om die onderwysstelsel in Suid-Afrika te verbeter en dit lyk of haar departement se harde werk begin vrugte afwerp”, sê mnr. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep.

Engels bly die taal wat die meeste as huistaal en 1ste addisionele huistaal deur leerders geneem word (ongeveer 560 000), met Zoeloe tweede (ongeveer 150 000) en Afrikaans derde (ongeveer 140 000). Engels word deur die meeste leerders as 1ste addisionele geneem (ongeveer 450 000), met Afrikaans tweede (bykans 90 000) en Zoeloe derde (ongeveer 15 000).

“Dit is vir ons verblydend dat soveel leerders Afrikaans as 1ste addisionele taal kies”, sê Gouws. “Die ATKV se taalprojekte is veral gewild onder eerste en tweede addisionele taalsprekers en dit maak dat Afrikaans as gebruikstaal groei”.

Ons stem egter saam met Graeme Bloch van die Wits-skool vir openbare en ontwikkelingsbestuur, dat daar nog baie werk te doen is ten opsigte van die kritiek wat teenoor die stelsel bestaan, soos onder andere lees- en wiskundevaardighede.

Een van die grootste probleme in die onderwysstelsel is steeds dat kinders wat skool begin, nie by matriek uitkom nie. Van die 1,26 miljoen graad1’s wat in 2002 begin skoolgaan het, het 439 779 (of te wel 34,9%) in 2013 graad12 geslaag. In 2012 het 33,4% van die 2001-graad1’s en in 2011, 33,0% van die 2000-graad1’s, matriek verwerf. Dit beteken dat meer as 65% van kinders wat graad1 begin, nooit by matriek uitkom nie. In terme van die 2013-resultate, beteken dit meer as 800 000 kinders elke jaar!

Daar is natuurlik kommer oor die stand van wiskunde en wetenskap in die onderwysstelsel. Van die meer as 560 000 leerders wat matriek geskryf het, het net ongeveer 98 000 (17,4%) meer as 40% in wiskunde verwerf en ongeveer 78 000 (14,0%) meer as 40% in wetenskap. Dis kommerwekkend indien die behoeftes en geleenthede wat in Suid-Afrika bestaan, in ag geneem word.

Onderwys is een van die ATKV se vier hooffokusse en ons moedig alle individue, organisasies en besighede om, op welke wyse ook al, by onderwys betrokke te raak. Die ATKV het verskeie projekte wat veral gemik is om by onderpresterende skole ʼn verskil te maak.

“Baie geluk aan al die 2013-matrieks wat goed presteer het. Die ATKV is trots op julle”.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button