NewsSchools

Volksrust Hoërskool Gymkhana kampioen.

  Tydens die 47ste Junior Interprovinsiale en Nasionale Equestrian Tentpegging Kampioenskappe is Volksrust Hoërskool verteenwoordig deur Tisha Willemse. Die 15-jarige Tisha het in die o/18-kategorie deelgeneem in die Paarl vanaf 9 tot 13 Desember 2013 by die pragtige Mistico Equestrian Centre. Sy was deel van die Natalspan en is lid van die Majubaklub te Newcastle. …

 

Tydens die 47ste Junior Interprovinsiale en Nasionale

Equestrian Tentpegging Kampioenskappe is Volksrust Hoërskool verteenwoordig

deur Tisha Willemse.

Die 15-jarige Tisha het in die o/18-kategorie deelgeneem in die

Paarl vanaf 9 tot 13 Desember 2013 by die pragtige Mistico Equestrian Centre.

Sy was deel van die Natalspan en is lid van die Majubaklub te

Newcastle.

Tydens die kompetisie het sy deelgeneem aan tien

verskillende items met swaarde, lanse en steekpen om ‘n verskeidenheid teikens

te tref vanaf ‘n perd se rug op volle vaart. Tisha het 178

punte uit ‘n totaal van 192 behaal (93%). Die prestasie het aan

haar ‘n tweede plek in die SAJETA President Dogtersspan besorg. Sy is ook verkies as een van die

reserwes vir die Nasionale Dogtersspan (Proteas).

Tisha ontvang die Johny Coetzee-wisseltrofee vir

die hoogste punte behaal in ‘n eerste SA-Kampioenskap.

Baie geluk met hierdie puik prestasies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button