NewsSchools

Hoërskool Volksrust Matriekuitslae 2014

Hoërskool Volksrust Matriekuitslae 2014 Verlede jaar se matrieks werk in alle erns aan hulle toekomsdrome nadat ‘n suksesvolle skoolloopbaan agter die rug is. Die realiteit is dat hulle nou eers gaan begin werk. Dankie aan elke onderwyser wat baie tyd en energie bestee het om ‘n fondasie te lê sodat ons jongmense kan droom en uiteindelik …

Hoërskool Volksrust Matriekuitslae 2014

Verlede jaar se matrieks werk in alle erns aan hulle toekomsdrome nadat ‘n suksesvolle

skoolloopbaan agter die rug is. Die realiteit is dat hulle nou eers gaan begin

werk. Dankie aan elke onderwyser wat baie tyd en energie bestee het om ‘n

fondasie te lê sodat ons jongmense kan droom en uiteindelik die drome kan laat

waar word. Die entoesiastiese manier waarop u die leerlinge onderrig en

ondersteun het sal altyd onthou word.

Baie sterkte aan hierdie oudleerlinge van VHS. Ons beste wense vergesel julle op julle

lewenspad.

Leerlinge wat presteer het:

Cornelie Hartung

9 A’s en ‘n gemiddeld van 90.44 persent

Tiaan Uys

7 A’s en ‘n gemiddeld van 84.38 persent

Lize-Mari Lambrechts

5 A’s en ‘n gemiddeld van 83.75 persent

Nolwazi Mabuza

4 A’s en ‘n gemiddeld van 80.86 persent

Inge Talke

3 A’s en ‘n gemiddeld van 80.4 persent

Nelri Smit

3 A’s en ‘n gemiddeld van 76.29 persent

Abia Blaauw

3 A’s en ‘n gemiddeld van 72.43 persent

In totaal is daar 75 onderskeidings behaal en ons is trots daarop dat 57.9 persent van

ons leerlinge met universiteitsvrystelling geslaag het.

Baie geluk aan Johan Erasmus wat spog met 13 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 71 persent

vir Engels Eerste Addisionele Taal.

Ons Toppresteerders per vak:

Afrikaans Huistaal – Lize-Mari Lambrechts – 86 persent

English Home Language – Rosheen Watson – 78 persent

Afrikaans Eerste Addisionele Taal – Lungile Mahlinza en Joshua Wouters 80 persent

English First Additional Language – Cornelie Hartung – 91 persent

Rekeningkunde- Cornelie Hartung – 97 persent

Landbouwetenskap- Cornelie Hartung – 87 persent

Landboutegnologie- Louis Eloff en Marno vd Merwe – 66 persent

Besigheidstudies- Jacques Jonker – 78 persent

Rekenaartoepassingstegnologie(CAT) – Lize-Mari Lambrechts – 89 persent

Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO) – Lize-Mari Lambrechts – 78 persent

Geografie – Inge Talke – 78 persent

Informasie Tegnologie (IT) – Tiaan Uys – 92 persent

Lewensorïentering- Cornelie Hartung en Juanita Janse van Rensburg – 93 persent

Lewenswetenskappe- Cornelie Hartung – 88 persent

Wiskundige Geletterdheid – Lize-Mari Lambrechts – 91 persent

Wiskunde – Cornelie Hartung – 94 persent

Wiskunde 3 -Cornelie Hartung – 94 persent

Fisiese Wetenskappe – Cornelie Hartung – 86 persent

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button