NewsSchools

Ichthus Christelike Skool begin op ‘n vrolike noot

Alles van die beste vir die leerders van Dundee wat gekies is om na die volgende rondte van die Noord KwaZulu-Natal proewe in Februarie, deur te gaan.

Dit is die begin van nog ‘n wonderlike jaar by Ichthus.
Die skool verwelkom al hulle leerlinge, ouers en personeel.
Mag die Here elkeen van julle ryklik seen en mag julle baie gelukkig wees by Ichthus.
Die skool wil graag die nuwe personeel verwelkom: Mev Biffie Erasmus en Mev Tarryn Long. Ichthus glo dat hulle baie gelukkig hier by die skool sal wees.
Umzinyathi Krieketliga
Op Woensdag, 22 Januarie het die O/13 krieketseuns in die Umzinyathi Krieketliga teen Uelzen Primêre Skool gespeel. Ichthus het ‘n goeie wedstryd gespeel en daarin geslaag om die wedstryd met tien paaltjies te wen.
Welgedaan seuns! Ichthus bedank Uelzen vir die heerlike wedstryd.
Dundee & Distrikte Tennisproewe
Michiel Strydom het Woensdag, 22 Januarie aan die Dundee en Distrikte Tennisprowe deelgeneem, en hom baie goed van sy taak gekwyt.
Alles van die beste vir die leerders van Dundee wat gekies is om na die volgende rondte van die Noord KwaZulu-Natal proewe in Februarie, deur te gaan.
Totsiens
Ichthus sê met hartseer totsiens aan die volgende personeel wat tot aan die einde van 2013 by Ichthus gewerk het: Mev Petro Williams, Mev Pat Barichievy, Mej Kobie Viljoen en Mej Marike Lauwrens.
Ichthus bedank hulle vir hulle diens aan die skool en vir al die liefde wat hulle met kinders en personeel gedeel het.
Mag hulle baie gelukkig wees in hulle nuwe werk, en mag Mev Barichievly haar aftrede terdeë geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button