Hoerskool Pionier – Leerlinge presteer puik op alle terreine
TYDENS die jaarlikse swemgala op 27 Januarie word die volgende wenners bekend gemaak: Junior Victrix Ludorum: Maruschka Kruger, Junior Victor Ludorum: Waldo Durand, Senior Victrix Ludorum: Ashley Reimers en die Senior Victor Ludorum: Jason Bosch. Interhuis atletiek: Die Junior Victrix Ludorum is René Coetzer, Junior Victor Ludorum: Johnny Blaauw, Senior Victrix Ludorum: Bea-Marié Schutte en …
Atletiek Victor en Victrix Ludorum: Bea-Marie Schutte en Van Zyl Snyman.
Atletiek Victor en Victrix Ludorum: Bea-Marie Schutte en Van Zyl Snyman.TYDENS die jaarlikse swemgala op 27 Januarie word die volgende wenners bekend gemaak: Junior Victrix Ludorum: Maruschka Kruger, Junior Victor Ludorum: Waldo Durand, Senior Victrix Ludorum: Ashley Reimers en die Senior Victor Ludorum: Jason Bosch. Interhuis atletiek: Die Junior Victrix Ludorum is René Coetzer, Junior Victor Ludorum: Johnny Blaauw, Senior Victrix Ludorum: Bea-Marié Schutte en Senior Victor Ludorum: Van Zyl Snyman. Daar word spesiale vermelding gemaak van Bea-Marié Schutte wat in al vier haar items rekords verbeter het. Daar het agt rekords gespat en een rekord word geewenaar. Geluk, Pioniers! Atletiek te Piet Retief: Pionier neem 40 atlete om aan ‘n vriendskaplike byeenkoms teen Piet Retief, Ligbron, Volksrust, Ferrum en Vryheid Hoër deel te neem. Pionier presteer bo verwagting en verbeter 10 rekords, behaal 14 eersteplekke, 11 tweedeplekke en vier derdeplekke. Bea-Marié Schutte ontvang ook die beker vir die beste hekkiesatleet vir die dag. Baie geluk! Driekamp te Hermannsburg: 24 Pionier driekamp-atlete neem aan die Hermannsburg Mudman deel. Uit Pionier se posisionele uitslae en aantal leerlinge wat deelgeneem het, word Pionier as die wenskool bekroon. In die half driekamp (375m oopwaterswem, 10 km bergfiets en 2.5km draf) word Euné Bosch uitgesonder wat algeheel 12de van die dames eindig. By die spanafdeling eindig Juliette Muller, Ruan Naudé en Chezélle Stear eerste in die skoleliga. In die vol driekamp (750m swem, 20km bergfiets en 5km draf) eindig Rudi Barkhuizen algeheel 16de met die wêreldkampioen wat ook deelgeneem het. Rudi se tyd was 1uur, 54 minute. Netbal kliniek: Die afgelope naweek was Pionier so gelukkig om onder leiding van dr. Elsje Jordaan, Proteas se aanvallende afrigter, ‘n netbalkliniek by te woon. Dit was baie leersaam. Hengel te Klipfonteindam: Die eerste skoleliga van 2014 vind plaas. 10 spanne neem deel waarvan Pionier 4 spanne inskryf, die Pionier Valke behaal ‘n algehele eersteplek . Llwellyn Schwab behaal individueel ‘n eersteplek en Emmine Mostert ‘n derdeplek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!