NAMENS Dr. Melodie de Jager, Direkteur van die Mind Moves Instituut, word onderwysers en ouers genooi om in te skryf vir ‘n verrykende aanbieding op Vrydag en Saterdag, 21 en 22 Februarie. Hierdie geleentheid vind plaas in LMS se saal en begin om 2:00nm op Vrydag, 21 Februarie. Met al Lucas Meyer se personeel reeds …
Deelnemers aan die Vryheid Streek Tennisproewe: Anrie Janse van Rensburg, Angelique Grobler en Marlie Smit.
Deelnemers aan die Vryheid Streek Tennisproewe: Anrie Janse van Rensburg, Angelique Grobler en Marlie Smit.NAMENS Dr. Melodie de Jager, Direkteur van die Mind Moves Instituut, word onderwysers en ouers genooi om in te skryf vir ‘n verrykende aanbieding op Vrydag en Saterdag, 21 en 22 Februarie. Hierdie geleentheid vind plaas in LMS se saal en begin om 2:00nm op Vrydag, 21 Februarie. Met al Lucas Meyer se personeel reeds ingeskryf is daar nog plek vir enkele belangstellendes. Kontak gerus die skool vir meer inligting. Sportnuus: Tennis: Die volgende dogters het onlangs aan die Vryheid Streek Tennisproewe deelgeneem, wat plaasgevind het op die Vryheid Lawn Tennisbane: Angelique Grobler, Anrie Janse van Rensburg en Marlie Smit. Hierdie spelers het almal goeie rekenskap gegee. Angelique is uiteindelik aangewys as die topspeler met Marlie Smit wat derde geĆ«indig het. Baie geluk aan hierdie twee spelers wat ook uitgenooi is om deel te neem aan die Noord-KZN Tennisproewe te Dundee op Donderdag, 6 Februarie. Baie dankie aan Mev. Wilna van den Berg wat ons tennisspelers mooi ondersteun. Hengel: Vier van ons leerlinge het die afgelope Saterdag aan die Vryheid Liga Hengelkompetisie deelgeneem te Klipfonteindam. Jaden Dippenaar, Divan Grobbelaar en Stefan en Petrie de Wit het goeie rekenskap gegee en die dag baie geniet. Baie dankie aan Mnr. Pieter Venter wat hierdie leerlinge bygestaan het. Lucas Meyer Skool Kalender: Vrydag, 7 Februarie – Filidi Streek Atletiek, HoĆ«rskool Pionier. Maandag, 10 Februarie – Oueraand Graad 1 – 3. Donderdag, 13 Februarie – LMS Baanitems.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!