Nissan borg baadjies vir netbalspan
MET DIE aanvang van die wintersport seisoen is alle spanne hard aan die voorberei. Die komende naweek reis Pionier na Piet Retief vir die eerste wedywering, sterkte aan al die spanne! PUK atletiek interhoër te Pretoria: Pionier vertrek na Pretoria om aan die Pukke Interhuis deel te neem. Die atlete behaal dertien eersteplekke, tien tweedeplekke …
MET DIE aanvang van die wintersport seisoen is alle spanne hard aan die voorberei.
Die komende naweek reis Pionier na Piet Retief vir die eerste wedywering, sterkte aan al die spanne!
PUK atletiek interhoër te Pretoria: Pionier vertrek na Pretoria om aan die Pukke Interhuis deel te neem. Die atlete behaal dertien eersteplekke, tien tweedeplekke en agt derdeplekke.
Bea-Marié Schutte het weer gewys wat in haar steek en hardloop drie rekords in die 100m, 100m hekkies en 400m hekkies, dus behaal sy drie eersteplekke.
Vryheid streeksbyeenkoms: Twintig atlete dring deur na die tweede KZN streeksbyeenkoms.
Teen druktyd was die name van die atlete wat in Ulundi gaan deelneem, nog nie bekend nie.
Van Zyl Snyman het eerste in die 400m, een van die mooiste items van die dag, gekom. Die Pionier atlete wys durf en daad.
Marcelle Olivier, die hoofseun, wys waarvan 'n ware Pionier gemaak is. Hy hardloop die 110m hekkies en was voor in die wedloop, maar val oor die laaste hekkie, hy voltooi die wedloop en eindig nogsteeds vierde. Hy staan met 'n glimlag op en neem daarna aan die 800m deel.
Baie dankie vir die voorbeeld, Marcelle!
Noord-Natal tennisproewe: Baie geluk aan Carike Odendaal wat vir die o/19 B-span gekies is.
Elzette Versluis word tot die o/15 A-span en Rhyll Boshoff is tot die seuns o/19 A-span verkies. Hy is ook die kaptein van hierdie span.
Netbal: McManus Nissan is vanjaar die borg van die eerste netbalspan se baadjies.
Tracy Taljaard, verteenwoordiger van Nissan, het die saalbyeenkoms bygewoon om die baadjies aan die span te oorhandig.
Baie dankie vir die positiewe gesindheid teenoor Pionier se netbal.



