NewsSchools

Dundee Junior School

Drie vierde plekke, drie vyfde plekke, sewe sesde plekke, ses sewende plekke en vier agste plekke is ook behaal!

Vyf-en-twintig atlete van Dundee Juniorskool het op 7 en 8 Maart  aan die KZN Atletiekkampioenskappe op Kingspark in Durban deelgeneem. Soos gewoonlik was DJS atlete weer die kern waarom die Umzinyathi
span gedraai het. Van die 12 medaljes wat die Umzinyathi span behaal het, was vyf deur DJS atlete:
Goud vir Asanda Thungo (girls’ U/11 long jump); silwer vir Willem Coetzer (seuns’ O/11 hoogspring); silwer vir Estiaan Botes (seuns’ O/11 hoogspring); silwer vir Nicole Johnson (dogters’ O/11 verspring); silwer
vir Liezel Viljoen (dogters’ O/13 hoogspring).
Estiaan Botes het die kwalifiserende hoogte behaal om aan die SA Kampioenskappe op 20 tot 23 Maart in
Kaapstad deel te neem. Baie geluk! Die ander atlete het hulle ook goed van hulle taak gekwyt, en ‘n paar was ongelukkig om nie ook ‘n medalje huis toe te bring nie. Drie vierde plekke, drie vyfde plekke, sewe sesde plekke, ses sewende plekke en vier agste plekke is ook behaal!

DJS rugby besoek Reitz

Baie opgewonde het die O/11 en eerste spanne Vrydagmiddag,  7 Maart in die skoolbussies geklim en vertrek na Reitz. Hulle het in die skoolkoshuis oornag en Saterdagoggend 8 Maart teen Reitz wedstryde gespeel. Hoewel beide DJS se spanne net-net verloor het, het hulle baie geleer en kan hulle die ondervinding gebruik vir die komende seisoen. Vir die O/11 spelers was dit ‘n groot ervaring om te
gaan ‘toer’ en oor te slaap, en gaan hulle nog lank oor hulle uitstappie praat, wat wys dat die wedstryd net ‘n deeltjie van die ondervinding was. Na afloop van die wedstryde vertrek DJS terug huistoe en kom hulle laat die middag moeg maar veilig by DJS aan. Dankie vir Hoërskool Reitz se personeel en hul bedagsaamheid
– dit was ‘n heerlike uitstappie.

Caption: DJS’s Athletics team.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button