Zander Kleynhans is ‘n plat-op-die-aarde, 15-jarige leerling van Ferrum Hoërskool, wat op ‘n eienaardige manier besef het hy het meer as net ‘n rugbytalent.
‘n Jaar gelede het Zander ‘n ernstige besering opgedoen tydens ‘n rugbywedstryd. Na afloop van die gebeure, het hierdie jongman uitgevind hy is geseën met n wonderlike sangstem en het na ‘n paar maande se sangonderrig alreeds sy eerste demo-CD opgeneem by Peter Dahl Vocal Academy.
“Hy gaan in die toekoms nog groot hoogtes bereik met sy unieke stem. Zander Kleynhans, onthou maar sy naam,” se Peter Dahl, sy afrigter.
Zander al by verskeie plekke opgetree tot groot plesier van gehore. Liedjies soos If Tomorrow Never Comes en I Won’t Give Up is die gunstelinge.
Vir enige navrae, skakel Peter Dahl by 072 255 2772.



