
Learners from Glencoe Primary participated in the Science Unlimited roadshow, recently held in Vryheid.
Through the University of Limpopo, the learners participated in chemistry demonstrations to show them the fun experiments they never get to see at school. Then it was off to the very exciting world of physics, where the University of the Witwatersrand introduced the learners to magnetism, lightning, explosions and other cool experiments. Needless to say, it was literally a blast!
Glencoe Laerskool sê Totsiens Mev Merle Cousins
Mev Cousins is een van die skool se beste onderwysers, wat nou op aftrede staan. Dit is met baie swaar harte dat Glencoe Primêr van haar moet afskeid neem. Haar onderwys loopbaan het begin eintlik nog voordat sy gebore was, aangesien dit ‘n familie ding was. Haar pa was Mnr Willie van Rooyen, Direkteur van Onderwys op daardie stadium, en sy het maar net in sy voetspore gevolg.
In 1955 begin haar eerste jaar as leerling by Glencoe Laerskool, nou waar Biggersberg Laerskool is. Haar skoolhoof was toe Mev Hugo.
Daarna was sy na Port Natal toe in Durban vir haar matrikulasie. Haar onderwys kwalifikasie was vanaf DOKKIES in 1971 verwerf, en by Dirkie Uys begin skoolhou.
Daarna was sy na Greytown en by Kammaland ‘n voorskoolse groep geleer vir ‘n paar jaar voordat sy na Bergville Pre-primêre skool toe gegaan het. Haar dogter Muriel het ook ‘n onderwysberoep begin, en daarom was sy weereens terug Durban toe, en by Malvern Kinderhuis ‘n kleuterskool gestig en behartig. Sy is genader deur Our Lady of Natal vir ‘n pos, en daar het sy vir ‘n klompie jare gebly.
In 2006 het sy haar kringloop voltooi en teruggekeer na Glencoe, toe Mnr Boshoff haar ‘n pos aangebied het. Met haar dogter in dieselfde omgewing was dit nie ‘n moeilike besluit nie.
Mev Cousins se woorde: “So na 42 jaar van onderwys lê ek nou die tuig neer. Dit was ‘n fees. Kiddies is nog altyd my lewe.”
Glencoe Primêr gaan haar mis by die skool – alle sterkte toe met die aftrede, en die skool wens u net voorspoed toe.



