Ichthus Christelike Skool bied elke jaar ‘n Afrikaanse redenaarskompetisie sowel as ‘n Engelse redenaarskompetisie aan. Die Graad 5 tot Graad 7 leerlinge het fluks deelgeneem en hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Dit is verblydend dat van ons Eerste Addisionele Afrikaanssprekende leerlinge ook deelgeneem het.
Die graadwenners was Bianca Meintjes (Graad 5), André Spies (Graad 6) en Andrea Oosthuizen (Graad 7). Baie geluk aan hulle!
Drie Ichthus leerlinge – Tiana Maritz, Bianca Meintjes en Anél de Goede – gaan op April 12 aan die ATKV-Redenaarskompetisie in Vryheid deelneem, en die skool bid hulle baie seën en voorspoed toe!
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



