NewsSchools

Utrecht Nashua Sportweek

Utrecht Hoërskool het op 20 tot 22 Maart skole van heinde en ver ontvang. Die sportweek het al die spelers se positiewe sportmangees geopenbaar. Elke leerling se netjiese en onberispelike gedrag was voorwaar ‘n goeie advertensie vir al die skole betrokke. Die bywoning van die Sportweek het die leerlinge se vaardighede en spanwerk ‘n hupstoot …

Utrecht Hoërskool het op 20 tot 22 Maart skole van heinde en ver ontvang. Die sportweek het al die spelers se positiewe sportmangees geopenbaar. Elke leerling se netjiese en onberispelike gedrag was voorwaar ‘n goeie advertensie vir al die skole betrokke. Die bywoning van die Sportweek het die leerlinge se vaardighede en spanwerk ‘n hupstoot vir die komende seisoen gegee.

Die dogters het ‘n hokkie-vaardigheidstoets op die Vrydag afgelê. Die volgende dogters is as wenners aangewys: Voorspeler: Ariane Janse van Rensburg , Agterspeler: Andrea Truter en Doelwagter: Nosihle Xaba. Hulle het elkeen hokkiekouse en ‘n bal ontvang.

Willem Husselman van Dundee het die skopkompetisie vir die rugbyseuns gewen en Marko Boers van Kuswag het die lynstaankompetisie gewen. Hulle is elkeen met ‘n rugbybal beloon.

Drie dae van wedstryde het gevolg met skitterdrieë en spogdoele. Die spanne het mooi saamgewerk en die verbeteringe in hul spelpatrone was duidelik.

Die uitslag van die wedstryde was as volg;

Met hokkie het Lucas Meyer 1 vir Lucas Meyer 2 gewen met 6-0 en Utrecht 12 het Drakensberg met 2-0 gewen.

Trichardt het Kusweg gewen in rugby met 5-0 en Utrecht wen T.P. Stratten met 15-10.

Die dogters van Utrecht 2 is as die netjieste en mees gedissiplineerde hokkiespan aangewys en Kuswag se rugbyspan is as die span met die meeste gees aangewys.

Baie geluk aan al die bogenoemde spelers en skole.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button