NewsSchools

31ste Amajuba Sportweek vir Hoërskool Volksrust

Vanjaar was die 3ste Amajuba Sportweek aangebied deur Hoërskool Volksrust (VHS). Ongeveer 2000 spelers en afrigters het die skool besoek vanaf 30 Maart tot 5 April; ‘n totaal van 50 hokkie- en 40 rugbyspanne. Die juniorweek het plaasgevind vanaf die 30ste Maart tot die 2de April. Die hokkiemeisies het baie hard gewerk soggens waar Kim …

Vanjaar was die 3ste Amajuba Sportweek aangebied deur Hoërskool Volksrust (VHS). Ongeveer 2000 spelers en afrigters het die skool besoek vanaf 30 Maart tot 5 April; ‘n totaal van 50 hokkie- en 40 rugbyspanne.

Die juniorweek het plaasgevind vanaf die 30ste Maart tot die 2de April. Die hokkiemeisies het baie hard gewerk soggens waar Kim Hubach en haar span die fynere kunsies van hokkie aan die o/14 en o/15 meisies bekendgestel het. Goeie hokkie is deur die juniorspanne gespeel.

Op 2 April het die seniorspanne se week begin. Goeie spel is gelewer deur die onderskeie spanne.

Tydens die hokkieweek gaan dit nie oor wen nie, maar om te leer en te ontwikkel. Dit wat die meisies in die paar dae leer, berei hulle voor vir die onderskeie ligas wat voorlê.

Twee meisies van VHS se eerstespan is onderskeidelik aangewys as belowendste agterspeler, Daniel Houy, en belowendste voorspeler, Marinel Lourens.

Die rugbyweek se wenners is onderskeidelik Nelspruit o/14, Marais Viljoen o/15, Frikkie Meyer o/16 en Hoërskool Volksrust se eerstespan. SW van Wyk, van Volkies is aangewys as die beste agterspeler van die seniorweek.

Volkies bedank al die borge, ondersteuners, ouers, afrigters en spelers wat gehelp het om van 2014 se sportweek ‘n sukses te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button