NewsSchools

Tisha presteer by Il Vento

Baie geluk aan Tisha Willemse, ‘n Graad 10 leerling van Hoërskool Volskrust, wat die afgelope vakansie deelgeneem het aan die nasionale Il Vento kompetisie vir hout- en koperblasers. Tisha het ingeskryf vir die kompetisie deur middel van ‘n DVD, op uitnodiging van Pierre Tolsma, bekende fluitis van Pretoria. Daarna is sy genooi vir verdere deelname …

Baie geluk aan Tisha Willemse, ‘n Graad 10 leerling van Hoërskool Volskrust, wat die afgelope vakansie deelgeneem het aan die nasionale Il Vento kompetisie vir hout- en koperblasers.

Tisha het ingeskryf vir die kompetisie deur middel van ‘n DVD, op uitnodiging van Pierre Tolsma, bekende fluitis van Pretoria. Daarna is sy genooi vir verdere deelname by Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria.

Op Saterdag, 4 Oktober het sy deelgeneem aan die eerste ronde wat maar ‘n senutergende ervaring was. Die tweede ronde het plaasgevind op Maandag, 6 Oktober en die semi-finaal van die kompetisie op Dinsdag, 7 Oktober. Tisha het haar uitstekend van haar taak gekwyt en deurgedring tot die semi-finaal van die kompetisie.

Tisha was die jongste deelnemer onder die senior deelnemers en haar prestasie om een van die nege beste blasers in Suid-Afrika te wees, is voorwaar besonders.

Slegs drie finaliste is gekies om die aand van 7 Oktober deel te neem aan die finale ronde. Die kompetisie is deur Mnr Kim, ‘n 18 jarige leerling van Pretoria gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button