
Anton Snyman en sy vrou, van Dannhauser se vanghokke-faam, moes verlede week tot hulle groot teleurstelling uitvind dat ‘n man wat by hulle ingewoon het, verlede naweek sy bakkie wederregtelik uit sy perseel verwyder het.
Hierdie onwettige rit het in ‘n ongeluk reg by die verkeerstasie by die Glencoe-afdraai geĆ«indig toe die bestuurder na bewering moes uitvind dat brandewyn nie brieke het nie…
Die bakkie het ‘n trok van voor getref, en die bestuurder het met beserings daarvan afgekom. Hy bevind hom tans in die plaaslike hospitaal, waar hy heelwaarskynlik ‘n besoek van die lang arm van die gereg kan verwag.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



