Lucas Meyer Primêre Skool – Hokkiespelers spog talent
Die gasspreker was Tyson Dlungwana wat die huidige kaptein van Maritzburg College onder 18 span is en het al vir twee jaar SA skolespan gespeel. Maritzburg College is huidiglik die nommer een hokkieskool in Suid Afrika. Lyndal Robertson, 'n Springbokspeler, is tans 'n SA skeidsregter en ook die afrigter van die onder 13 A meisies span.
DIE ‘capping-geleentheid’ vir die hokkieleerlinge is gehou in die St Charles’ Chapel.
Die gasspreker was Tyson Dlungwana wat die huidige kaptein van Maritzburg College onder 18 span is en het al vir twee jaar SA skolespan gespeel. Maritzburg College is huidiglik die nommer een hokkieskool in Suid Afrika. Lyndal Robertson, ‘n Springbokspeler, is tans ‘n SA skeidsregter en ook die afrigter van die onder 13 A meisies span.
Gedurend die naweek van 23 en 24 Mei het die Vryheid Distriktespan in Pietermaritzburg aan die KZN Binnelande Hokkieproewe gaan deelneem. Agt spelers van Lucas Meyer, naamlik: Kayla Becker; Caitlin Keightley; Anneen Nel; Anrie Janse van Rensburg; Anke Erasmus; Lisa Grobbelaar (ook as kaptein aangewys); Berné van Heerden en Marlie Smit was deel van die Vryheid Distriktespan. Tiaan Marais en Janu Strydom het as individue aan die proewe deelgeneem en beide is gekies vir die Vryheid Distriktespan.

Vier van ons kinders is gekies vir die KZN Binnelande spanne. Tiaan Marais, C-span en ook as kaptein aangewys; Berné van Heerden A-span; Anke Erasmus B-span; Lisa Grobbelaar C-span en ook as kaptein aangewys. Die vier spelers moes feitlik elke week na Pietermaritzburg vir oefensessies. Gedurende die Julie vakansie speel die A span hul Provinsiale toernooi in Pietermaritzburg en die B en C spanne hul Provinsiale toernooi in Bloemfontein.
Baie sterkte vir julle. Geniet dit! Ons is geweldig trots op julle.



