EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Noord Natal Woonwakring

DIE Noord Natal Woonwakring (NNWK) het weereens ‘n baie suksesvolle kamp gehad gedurende Junie maand. Ons winterkamp was goed bygewoon en al die lede het dit geniet. Die dae was aangenaam, maar die koue saans kon gevoel word. Ons wil weereens baie dankie sê aan almal wat kaartjies gekoop het vir ons driepoot potjie sout …

DIE Noord Natal Woonwakring (NNWK) het weereens ‘n baie suksesvolle kamp gehad gedurende Junie maand. Ons winterkamp was goed bygewoon en al die lede het dit geniet.

Die dae was aangenaam, maar die koue saans kon gevoel word. Ons wil weereens baie dankie sê aan almal wat kaartjies gekoop het vir ons driepoot potjie sout en peper stel wat uitgeloot was gedurende die eerste helfte van die jaar.

Die wenner was getrek by die kamp en die wenner was Mnr AL Pretorius van Vryheid. Baie geluk Dries.

Ons sal weereens iets hê om te loot gedurende die 2de helfde van die jaar ter stywing van ons klubfondse. So kyk maar uit daarvoor.

Ons wil almal wat tente of karavane het hartlik nooi om ons kring te besoek by die volgende kamp wat sal plaasvind te Battlefields Karavaan kamp, Dundee, die naweek van 7 tot 10 Augustus, sonder enige verpligting.

Vir meer inligting skakel gerus met Dawid by 083 362 9317 of Alfie by 082 926 8526.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button