Soveel meer as net ‘n fees
Kom koekeloer by die 2015 Vensterfees! Hierdie jaar se Vensterfees vind plaas vanaf 12 tot 16 Augustus. Die program is soos volg:

Kom koekeloer by die 2015 Vensterfees!
Die naam, Vensterfees vind sy oorsprong in die werklike boodskap wat ‘n predikant gelewer het tydens die begrafnis van een van sy vriende wat selfmoord gepleeg het.
Die boodskap was dat ‘n mens in ‘n spieël slegs jouself raaksien en dit wat agter jou is. Om deur ‘n venster te kyk, sien jy die lewe wat voor jou uitstrek met al sy geleenthede en uitdagings. Die naam Vensterfees gaan dus oor hoe jy jou lewe ten volle kan leef.
Hierdie jaar se Vensterfees vind plaas vanaf 12 tot 16 Augustus.
Die program is soos volg:
12 Augustus
7.30nm: Jannie Moolman en Corlea Botha.
13 Augustus
10vm: Sonja en Tjokker.
6.30nm: Ses Snare met komediante, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer.
8.30nm: Innie Rof
9nm: Lede van die Ses Snare vermaak ons in die Wynvat.
14 Augustus
9vm: Sonja en Tjokker.
11vm: Morster en die Ashoop Prinsessie.
12nm: ‘Sê Nee’ – aangebied deur Ferrum se Afrikaanse dramaklub.
4.30nm: Twee vir die Prys van Een.
7nm: Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade.
8.30nm: Woema van ‘n Windgat Wyfie.
9nm: Lede van die Ses Snare vermaak ons weer in die Wynvat.
15 Augustus
11vm: Morster en die Ashoop Prinsessie.
11vm: Kôssert – Die Cordon Broers.
1nm: Die Hart is maar net ‘n Pomp.
4nm: Die Wagkamer.
8nm: Die Waarsêer.
9nm: Lede van die Ses Snare vermaak ons vir ‘n laaste keer in die Wynvat.
16 Augustus
9vm: Kerkdiens in die markiestent.
Die kaartjies vir al die vertonings is op Computicket beskikbaar. Kaartjies vir alle kinderproduksies sal by die feeskantoor te koop wees.
Besoek gerus www.vensterfees.com en ons Facebookblad (Die Vensterfees) om op hoogte van die fees te bly. Kontak 083 634 8813 vir verdere inligting.
What are your views about this story?
Tell us by posting on our Facebook timeline, Newcastle Advertiser or tweet us at @nnadv.
Add us on BBM for the latest news in your community. PIN: 2B6C7269, or join our news service on WhatsApp.
(Please note: Comments posted on this issue may be used for publication in the Newcastle Advertiser)



