Kom koekeloer ‘in die rof’
Vanjaar se Vensterfees vind plaas vanaf 12 tot 16 Augustus. Die program is soos volg:
Maak julle reg, Newcastle!
Neels van Jaarsveld sal tydens die 2015 Vensterfees op die verhoog verskyn as akteur in die teaterstuk, Innie Rof.
Feesgangers kan uitsien na die produksie wat op 13 Augustus sal plaasvind om 8.30nm.
Innie Rof is ’n skaterlag-komedie uit die pen van die bekende komedie skrywer, Leon Kruger. Die tydsduur van die produksie is 65 minute en kos R110 per persoon.
Vanjaar se Vensterfees vind plaas vanaf 12 tot 16 Augustus. Die program is soos volg:
12 Augustus
7.30nm: Jannie Moolman en Corlea Botha.
13 Augustus
10vm: Sonja en Tjokker.
6.30nm: Ses Snare met komediante, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer.
8.30nm: Innie Rof
9nm: Lede van die Ses Snare vermaak ons in die Wynvat.
14 Augustus
9vm: Sonja en Tjokker.
11vm: Morster en die Ashoop Prinsessie.
12nm: ‘Sê Nee’ – aangebied deur Ferrum se Afrikaanse dramaklub.
4.30nm: Twee vir die Prys van Een.
7nm: Die Klaagliedere van Ds. Tienie Benade.
8.30nm: Woema van ‘n Windgat Wyfie.
9nm: Lede van die Ses Snare vermaak ons weer in die Wynvat.
15 Augustus
11vm: Morster en die Ashoop Prinsessie.
11vm: Kôssert – Die Cordon Broers.
1nm: Die Hart is maar net ‘n Pomp.
4nm: Die Wagkamer.
8nm: Die Waarsêer.
9nm: Lede van die Ses Snare vermaak ons vir ‘n laaste keer in die Wynvat.
16 Augustus
9vm: Kerkdiens in die markiestent.
Daar is beslis iets vir elkeen!
Kaartjies vir die vertonings is op Computicket beskikbaar. Kaartjies vir alle kinderproduksies sal by die feeskantoor te koop wees.
Besoek gerus www.vensterfees.com en ons Facebookblad (Die Vensterfees) om op hoogte van die fees te bly. Kontak 083 634 8813 vir verdere inligting.



