Ere-Beamptes Ithala Groep, groet ‘n legende
EZEMVELO KZN Wildlife Ere-Beamptes se Ithala Groep offer vrywillig hul tyd en kundigheid op om die personeel van Ezemvelo KZN Wildlife te ondersteun en aan te vul. Die groep se pligte en magte word spesifiek gereguleer in terme van die KZN Natuurbewaring Wysigings Wet. Die amp van Ere-Beampte gee aan vrywilligers die kans om op …
EZEMVELO KZN Wildlife Ere-Beamptes se Ithala Groep offer vrywillig hul tyd en kundigheid op om die personeel van Ezemvelo KZN Wildlife te ondersteun en aan te vul. Die groep se pligte en magte word spesifiek gereguleer in terme van die KZN Natuurbewaring Wysigings Wet.
Die amp van Ere-Beampte gee aan vrywilligers die kans om op te tree as “agente” van Ezemvelo KZN Wildlife en geniet beide partye die verantwoordelikhede en voorregte verbonde aan hierdie status en vennootskap.
Natuurbewaring lê die Ezemvelo Ere-Beamptes na aan die hart en hul aktiwiteite vorm ‘n waardevolle bydrae tot natuurbewaring. Aktiwiteite sluit o.a. vullis patrollies in, aanbring van verbeteringe by piekniekplekke, sensus opnames met wildtellings en selfs om as beamptes op te tree tydens die jaarlikse Ithala Kano Marathon.
Die Ezemvelo Ere-Beamptes kry vervulling met hul bydrae deur tyd, geld en kundigheid op te offer in die uitvoering van hul pligte.
Die Ithala Ere-Beamptes wil van hierdie geleentheid gebruik om van Oom Koos Dames afskeid te neem.
Oom Koos was vir meer as 21 jaar deel van die Ithala Ere-Beamptes groep en het onmeetbare diep spore in die groep sowel as in die organisasie, Ezemvelo KZN Wildlife getrap. Oom Koos het `n ruk gelede na Pretoria verhuis nadat hy bykans sy hele lewe lank in Louwsburg gewoon het.
Oom Koos en sy stories (wat ook te boek gestel is) gaan terdeë gemis word; ‘n ware legende wat vir altyd in Ithala se kringe sal voortleef.
Vir verdere inligting oor die Ithala Ere-Beamptes groep, indien die publiek belangstel om aan te sluit of vir enige ander natuurbewarings probleem of navraag, stuur `n e-pos aan ithalahosecretary@gmail.com of skakel die Voorsitter, Nico Strydom by 073 144 2093.
CAPTION:
Oom Koos Dames




