Tante Gertrud vier 98 jare
y vertel nog gaag hoe sy op die lande gewerk het en daagliks koeie moes versorg en melk. Sy is op 18 jarige ouderdom met Alfred Feldmann getroud en het saam met hom na die "wilde" Afrika vertrek.
Ons kan met vreugde en dankbare harte Gertrud Böhmer se 98ste verjaarsdag vier. Sy is tans die oudste inwoner van Eventide SAVF outehuis. Die gemeente vrouens van die Lutherse Kerk het vir ‘n gesellig oggendtee en samesyn gesorg in die sitkamer van die tehuis.
Tante Gertrud soos sy alom bekend is, is op 7 September 1917 in ‘n klein dorpie Teinbeck in the Lüneburger Heide in Duitsland gebore.
Sy vertel nog gaag hoe sy op die lande gewerk het en daagliks koeie moes versorg en melk. Sy is op 18 jarige ouderdom met Alfred Feldmann getroud en het saam met hom na die “wilde” Afrika vertrek.
Hulle het saam vir 27 jaar ‘n juwelierswinkel in Bloemfontein gehad waar sy pligsgetrou haar plek volgestaan het. Hulle het 3 dogters gehad en ‘n susterkind, wie albei haar ouers in Duitsland verloor het aangeneem.
Na haar man se vroeë afsterwe is sy met Anton Böhmer getroud en hiermee drie stiefseuns bygekry. ‘n Verdere 31 jaar gelukkige huweliksjare het gevolg.
In 1996 het sy na Dundee verhuis. Sy het 12 wonderlike jare met goeie vriende in Eventide Mews gewoon. Ongelukkig moes sy 3 jaar gelede nadat sy geval het, haar huis verkoop en an die ouetehuis toe trek. Sy is egter nogsteeds ‘n inspirasie vir ons almal, haar dag vul sy met die brei van mussies vir die diensorganisasies. Smiddae geniet sy nog ‘n potjie Scrabble.
Sy het haar hele lewe graag gesing en haar Duitse gesange wat sy as kind uitwendig geleer het vul haar gedagtes. Haar blymoedigheid en tevrede hart en haar liefde en diep geloof in haar Verlosser straal uit haar hele wese. Sy is ‘n moeder van vele en uit die gesamentlike families is daar 24 kleinkinders, 34 agterkleinkinders en 3 agter-agterkleinkinders oo die hele wêreld versprei en waarmee sy met die meeste nog kontak het.



