Local sportNewsSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Ruitersport leerlinge is tops

Die KZN-span behaal drie eerste plekke, een tweede plek, twee derde plekke en een vierde plek. Nina het in die individuele afdeling ses van die sewe items, waarin sy deelgeneem het, onder die Top Tien geëindig. Berné behaal ‘n derde, vierde, agtste, twaalfde, sesde en 27ste plek in haar onderskeie items. LMS is trots op die leerlinge wat ruitersport beoefen!

 

DIE Nasionale Perdry Kampioenskappe vir skole is in Pretoria aangebied vanaf 7 tot 10 Oktober.

Drie van LMS se leerlinge, Berné van Heerden, Nina Terblanché en Landi Erasmus, het deelgeneem vir die KZN-span en vaar uitstekend. Die afdelings waaronder hulle deelneem sluit in: Working Riding; Dressage; Performance Riding; Spring-Klas; Working Hunter en Equitation. Die deelnemers, van oor die hele land, het gewissel van 35 tot 45 per ouderdomsgroep. Ruitersport word as ‘n individuele sportsoort, maar ook ‘n afdeling spansport aangebied, waarin spanne van vier lede elke deelneem aan verskeie items. Die KZN-span behaal drie eerste plekke, een tweede plek, twee derde plekke en een vierde plek. Nina het in die individuele afdeling ses van die sewe items, waarin sy deelgeneem het, onder die Top Tien geëindig. Berné behaal ‘n derde, vierde, agtste, twaalfde, sesde en 27ste plek in haar onderskeie items. LMS is trots op die leerlinge wat ruitersport beoefen!

LMS Skaaktoernooi: Die afsluiting van LMS se skaakprogram het Vrydag, 23 Oktober, plaasgevind. NRS was ook deel van ons skaakdag en vars teenstaanders het sake baie interessant gemaak. Mnr De Wit en mnr Barnard het die admin en beoordeling hanteer en mev Duminy die verversings. Mev Meyer en mev De Wit was vir al die voorafreëlings verantwoordelik. Baie dankie.

Inskrywings 2016: Alle voornemende LMessers vir 2016 wat insluit gr RR tot en met graad sewe, moet asseblief hulle inskrywingsvorms inhandig by die skoolkantoor. Beplanning vir 2016 word nou afgehandel. Baie dankie vir u ondersteuning in die verband.

LMS Hengelkompetisie: Die knellende droogte het tot gevolg dat die Bivanedam-Bonanza sal oorstaan tot 16 Maart 2016.

Kalender:

26 Oktober – Leerlingleiers- en Koortoekennings

29 Oktober – Gr R Gradeplegtigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button