‘n Ongetitelde epistel vir ‘n jaar se einde – Die Woestynrot 2015
En gister onderstreep 'n dronknes in Coronation Park, wat al 0615 begin het, daardie frustrasie van plaaslike inwoners in dik, vet strepe toe dit eers teen 2215 se kant ophou. Die hele dag.

Die Woestynrot se jaar 2015 lê op sy rug. Dis Desember, en die begin van die Simpel Seisoen, met allerhande onderduimshede en truuks wat begin kop uitsteek om gewone mense van hulle swaar verdiende geld te beroof.
Die jaar het met die gewone gedruis oor vuurwerke begin, maar het gou gemarineer geraak in verskeie soorte lekkertes. Die suur en die sleg was daar ook, en baie van ons het langs die graf van ‘n geliefde gestaan hierdie jaar.
Ons onthou die stormloop van die beelde van die volk, en die eindelose gerondneukery oor watter standbeeld waar behoort te staan, en watter een verwoes behoort te word, en wat behoort nou aan wie.
Dit was ook die jaar wat die polisiemanne in hierdie land ‘n dik blou lyn in die sand getrek het, en ferm laat weet het dat genoeg nou genoeg is.
Ons het ook een oggend die eerste fluisteringe van die Slag van Banganui gehoor.
Op ‘n persoonlike noot het die dag heelwat sin gemaak toe die valskermsoldate wat deel was van die geveg, op ‘n vryetydsbestedingtog deur Dundee kom reis het.
Die sosiale media-bladsye het in stille verbystering die eer van ‘n kompanie paratroopers besing toe die feite beginne bekend raak het, maar ons het ook stil gestaan en kyk hoe engelvlugte op ‘n plaaslike militêre basis land waar makkers die oorskot van 13 troepe wat geval het, onder die landsvlag uitgedra het.
Ons het ook met verbystering staan en kyk hoe barbare in ‘n vlaag vreemdelinge-haat winkels plunder en mense seermaak.
Nie net een keer nie, en dit het gelei tot die eerste keer in die geskiedenis dat die “kinders van die rewolusie” nie meer welkom was in lande soos Malawi en Nigerië nie.
Ek het verbysterd gestaan oor hoe meedoënloos die Internet ons plaaslike jeug se soms lagwekkende gebrek aan intellek met ‘n drommegeroffel voor die wêreld ten toon stel.
Dan was 2015 ook die jaar van Facebook. ‘n Esoteriese en eklektiese kolleksie van dorpsidiote en “freedumb faaitahs” het ‘n kleur en geur op hulle persoonlike profiele vertel van hulle persoonlike oorwinnings en politieke oortuiginge. Die ou sakie het gewoonlik ook maar in ontnugtering geeïndig toe die seuns en dogters van die rewolusie beginne agterkom die hele wêreld kan hulle giftige brabbel lees. Ai, tog….
Ek het verbysterd gestaan oor hoe meedoënloos die Internet ons plaaslike jeug se soms lagwekkende gebrek aan intellek met ‘n drommegeroffel voor die wêreld ten toon stel. Die leiers van die land het ook maar getoon hoe min hulle regtig weet van hulle eie land af weet, en ons het ons “good story to tell” aan die wêreld bly verkoop, Nkandla-style….!!
Ek is net nie seker hoeveel ingekoop het op daardie storie nie. Ek kyk maar na die Facebookstorie van die een vrou wat 17 babas in 39 uur die wêreld ingebring het, en ek bly my hoed verwring as ek sien hoe mense “oeee” en “aah” daarop. Dan kan seker nie vir die goedjies kwaad wees as hulle nie weet wie Piet Retief was nie…???
Dan het die wêreld dit self ook gekenmerk deur ‘n onmeetlike swaai na links in regeringskringe, en die presidente en premiers van die wêreld het op geloop gegaan na oorlogsmigrante. Die bloed in die strate van Parys is nog nie eers droog nie, toe klap die skote in San Bernadino, California, en iewers in die gedruis raak Turkeye en Rusland ook handgemeen.
Dan het ons mense ook hulle staal getoon midde in een van die ergste droogtes in ongeveer sewentig jaar. Dis ongelooflik hoe Suid-Afrikaners kan uitreik na mekaar as daar nie politici naby is om hulle te verdeel nie. En gister onderstreep ‘n dronknes in Coronation Park, wat al 0615 begin het, daardie frustrasie van plaaslike inwoners in dik, vet strepe toe dit eers teen 2215 se kant ophou. Die hele dag.
Man, dis lekker om die soustrein te ry, te ry……..



