NewsSchools

Hoërskool Pionier – Pionier se ‘Perries’ is reeds tuis

Nie net moes hulle die skoolreëls aanleer nie, hulle moes ook Pionier se unieke dans aanleer. Die leerlingbestuur het ‘n boeresport middag gereël waaraan die graad 8’s moes deelneem.

MET die aanvang van 2016 is die leerlingbestuur alreeds gretig besig om die nuwe graad 8’s besig te hou met ‘n ontwikkelingsprogram.

2016 se tema vir die graad 8’s is die speelprent ‘Phineas and Ferb.’ Elkeen van hulle is verplig om ‘n ‘Perry the Platypus,’ wat hulle self oor die vakansie ontwerp het (en verskaf het van ‘n oorspronklike bynaam), elke dag saam te dra skool toe. Dit was ‘n week gevul met tonne pret en plesier en ieder en elk van ons graad 8’s het met groot oorgawe deelgeneem aan al die aktiwiteite.

Nie net moes hulle die skoolreëls aanleer nie, hulle moes ook Pionier se unieke dans aanleer. Die leerlingbestuur het ‘n boeresport middag gereël waaraan die graad 8’s moes deelneem. Dit het verskeie items ingesluit soos bv sakspring, verspoeg, kruiwastoot en toutrek. Die hoogtepunt van die dag se gebeure was natuurlik die vasdanslesse aangebied in die Tokkie Smith saal waar die matrieks hulle geleer het hoe ‘n ware Pionier vasdans. Die graad 8 leerlinge was dus slaggereed vir hul eerste Pionier – sokkie wat Donderdagaand plaasgevind het.

Landloop: Donderdagoggend, 13 Januarie, het die hele skool gretig deelgeneem en die landlooproete voltooi. Die landloopbyeenkoms gee vir die verskeie atletieklaers die geleentheid om punte op te bou voor die Interhuis – atletiek. Baie geluk aan die volgende atlete wat eerste oor die wenstreep gehardloop het: Lorma Janse van Rensburg en Ruan Naudé. By die graad 8’s het Berné van Heerden en Eckhart Potgieter eerste plekke behaal.

Vrugtefees: Donderdagmiddag het daar ‘n reenbui uitgesak net voor die vrugtefees, maar soos wat dit bestem was, kon die fees gelukkig steeds plaasvind. Die leerders het mekaar met kraakvars waatlemoene gesmeer wat in moelasse gedoop was. Die vrugtefees – koningin en – koning is gekroon en die pret het begin. Niemand het skoon uit die geveg gestap nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button