Hokkie spelers blink uit tydens proewe
DIE o/16 dogters het oor die naweek van 29 April tot 1 Mei in Pietermaritzburg deelgeneem aan die eerste rondte van die Natal Hokkieproewe.
DIE o/16 dogters het oor die naweek van 29 April tot 1 Mei in Pietermaritzburg deelgeneem aan die eerste rondte van die Natal Hokkieproewe.
Baie geluk aan Wilma Gregory wat gekies is vir die finale rondte Natal Inlands proewe waar sy ingesluit kan word by die Natal Inlands A -span. Die volgende spelers het net so goed gevaar: Roelien Steenkamp, Chantel Kriek, Moraine Dickinson en Johanette Wilken – hulle is genooi om aan die volgende rondte van die Natal Country District proewe deel te neem. Dis reeds ‘n puik prestasie om genooi te wees na hierdie proewe en ons wens hierdie dogters alle sterkte toe. Berné van Heerden het alreeds die o/14 proewe voltooi en is ingesluit in die KZN A-span.
Wintersport teen Landbou: Netbal: o/14 B wen 9-5; o/15 A wen 29-2; o/16 A/B wen 37-3; tweedes wen 21-7. Hokkie: derde span verloor 4-2 teen Landbou eerstes. Rugby: o/16 wen 38-14; o/15 wen 60-0; derdes wen 14-0; tweedes verloor 40-17 teen Landbou se eerstes.
Kalender:
9-10 Mei – Fanie Boleurs werkswinkel
21 Mei – Wintersport PHS vs VHS



