Bianca, Ichthus se hokkie-bokkie
Hulle sal aan die sentrale toernooi op 3 tot 7 Julie te Pietermaritzburg, deelneem.
Op 7 Mei was Bianca Meintjes vir die 0/13 Endumeni-hokkiespan by die hokkieproewe, gekies.
Op 8 Mei, het Bianca uitstekende hokkiespel gelewer en is sy vir die 0/13 Umzinyathi-hokkiespan, gekies.
Op 13 Mei, het Bianca by die res van die Umzinyathi spelers aangesluit en na Greytown toe gereis om saam met die hele Umzinyathi span te oefen, voordat hulle na die Cumberland-natuurreservaat, vertrek het.
Nadat sy baie moeilike wedstryde deur die naweek gespeel het, is Bianca vir die 0/13 KwaZulu Natal Binnelandse D-span, gekies!
Hulle sal aan die sentrale toernooi op 3 tot 7 Julie te Pietermaritzburg, deelneem. Ichthus wens Bianca baie geluk met haar insluiting in die span en gee al die eer aan God vir haar pragtige talent!



