Hoërskool Dundee se Chinique Odendaal pak die “renoster” by die horings by ATKV redenaarskompetisie
Die skool is ongelooflik trots op hierdie jong dame wat die skool se naam hoog gehou het in 'n kompetisie waar skole van die hele Natalomgewing deelgeneem het.

Vroeg Vrydagoggend het Chinique en haar ondersteunende ma na Durban vertrek om aan die semi-finale rondte van die ATKV Redenaarskompetisie deel te neem.
Chinique het aan die onvoorbereide afdeling van Gr10 – Gr12 deelgeneem en moes oor die sensitiewe saak van renosterstropery praat. Alhoewel die senutergende taak haar hande en hele lyf laat bewe het, het sy so dapper soos Daniël in die leeukuil ingestap en met selfvertroue hierdie taak afgehandel.
Die skool is ongelooflik trots op hierdie jong dame wat die skool se naam hoog gehou het in ‘n kompetisie waar skole van die hele Natalomgewing deelgeneem het.
DHS learners fare well at the Uminyathi Netball trials
The following girls were selected for the u/17 Umzinyathi team to represent their district at a provincial tournament in Cape Town later this year: Simangaye Nkwanyana and Lungile Ntsele.
The school is extremely proud of these two young athletes who have shown their talent in a very competitive sport. Well done.



