Editor's choiceNewsSchool sportSchoolsSport

Ichthus bied interskole atletiek aan

Al die eer aan ons Hemelse Vader vir die geseënde atletiekbyeenkoms!

Op Saterdag 20 Augustus het atlete van Ichthus Christelike Skool, Domino Servite Skool naby Kranskop en Life Changing Christian School van Nquthu, mekaar uitgedaag om hul plek in die NKZNCSSA span te kry.
Hierdie span sal op 2 en 3 September in Durban teen ander Christelike Skole in KZN deelneem.
Die dag was geseën met pragtige reën voor en na die atletiek waarvoor Ichthus baie dankbaar is! Welgedaan aan almal wat deelgeneem het. Die uitslae, waar Ichthus-atlete betrokke was, is soos volg: o/9 Junior Victrix Ludorum: Siyathokoza Mthabela en o/11 Junior Victrix Ludorum: Owethu Mbatha.
Baie dankie aan al die onderwysers, ouers en vriende van die skool wat as beamptes gehelp het. Dankie aan Rhoda Chawanda, Sanet van Wyk en al die ma’s vir die heerlike eet- en drinkgoed gedurende die dag! Icthus waardeer die tyd en moeite om kreatief in die kombuis te wees en ‘n groot deel van die atletiek te mis! Ichthus bedank Hoërskool Dundee vir die gebruik van hul atletiekfasiliteite! Al die eer aan ons Hemelse Vader vir die geseënde atletiekbyeenkoms!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button