Local newsNewsBreaking News

Zander is internasionale o/19-hengelkampioen

ZANDER van Greuning, ‘n Gr 6-leerling van NRS, het gedurende die week van 22 tot 26 Augustus deelgeneem aan die internasionale hengeltoetsreeks tussen Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika.

Uitgereik deur Nuwe Republiek Skool

ZANDER van Greuning, ‘n Gr 6-leerling van NRS, het gedurende die week van 22 tot 26 Augustus deelgeneem aan die internasionale hengeltoetsreeks tussen Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika.

Die toetsreeks het bestaan uit drie toetse vanaf 22 tot 24 Augustus. Zander het op die Maandag die swaarste sak vis en die meeste vis vir die toets gevang en sodoende ook die eerste toets gewen. Op dag twee het hy weer die tweede toets gewen en hier het hy die swaarste sak vis gevang. Op dag drie kom hy tweede in die toets, maar vang weereens die swaarste sak vis vir die dag.

Na afloop van die drie toetse, word Zander bekroon as die internasionale o/19- Federasie-hengelkampioen vir 2016. Afgesien van die kampioenstrofee, verwerf hy ook die goue medalje vir die swaarste sak vis oor die drie dae.

Wat die prestasie so uniek maak, is die feit dat Zander nou maar eers 12 jaar oud is en dat hy teen 17- tot 19-jariges meegeding het. Hy moes nou eers in die o/13-afdeling deelgeneem het, maar hengel al vir die afgelope drie jaar in die o/19-afdeling. Baie geluk, Zander, met die besonderse prestasie! NRS is trots op jou.

Cricket: On August 23, our u/11 team played a match against Nardini. Nardini batted first and scored 102 runs. NRS reached this score in the 15th over and won by 9 wickets. The best bowlers were Pieter Pretorius and Aiden Oosthuizen, who took one wicket each. Pieter and Aiden were also the best batsmen by scoring 26 and 32 runs respectively.

Concert: Everybody at NRS is very excited about our concert, ‘Flashbacks and Fantasy’ that will be staged in the Ben Pienaar Hall during the week of September 19 to 23. The public of Vryheid is invited to come and watch our children’s performances. These shows will start at 6:30pm. Tickets for the evening shows of September 19, 20 and 22 are still available from the school at R50 per person.

Dates to remember: September 19-23 – Concert, September 28 – Spring walk, September 29 – Internal prizegiving (Gr. 4-7).

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 3930

Also Find us on: FacebookTwitter, and on  WhatsApp 060 986 0731.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button