Drie jaar droogte – lê hef aan nog voor?
Die tropiese storm Domoina van 1984 was in die middel van 'n droë siklus, en het tot almal se redding gekom, ten spyte van die vloedskade wat veroorsaak is.

Plaaslike boer, Pieter Günther, het reënvalsyfers in sy besit aan die Courier gegee, en volgens hom is dit duidelik dat die totale reënval vir die drie-jaar periode vanaf 1 September 2013 tot 31 Augustus 2016 slegs ‘n 1955 millimeter beloop.
Volgens Pieter is dit die droogste drie-jaar periode in 84 jaar.
Die droogste drie-jaar periode is vanaf 1 September 1945 tot 31 Augustus 1948 met slegs 1683 millimeter reën in daardie tyd. Die gemiddelde lengte van ‘n droë periode is nege jaar, wat beteken dat ons nou in 2016/2017 moontlik in die sesde jaar van die nege-jaar droë siklus is.
Die tropiese storm Domoina van 1984 was in die middel van ‘n droë siklus, en het tot almal se redding gekom, ten spyte van die vloedskade wat veroorsaak is.
Pieter Günther: “Mag die Here dalk weereens ons gebede verhoor.”



