Newcastle Sakekamer aangewys as Sakekamer van die Jaar
Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) Nasionale kongres het op 20 Oktober in Centurion, Pretoria, plaasgevind.
NEWCASTLE – Die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) Nasionale kongres het op 20 Oktober in Centurion, Pretoria, plaasgevind.
Newcastle Sakekamer is tydens ‘n galadinee aangewys as die Sakekamer van Jaar en het die Vise-Presidentstrofee ontvang.
Read: Courtney reflects on the long road ahead
President van Newcastle Sakekamer, Japie Myburgh, het die bestuur asook al die lede bedank vir hul bydrae to hierdie prestasie.
“Dit is sowaar ‘n hoogtepunt vir ons, maar daar is baie werk wat voorlê vir die volgende jaar.”
Laer Suidkus (KwaZulu-Natal) het die trofee ontvang vir die nuwe Sakekamer van die Jaar.
Joany Campher van Newcastle Sakekamer het ‘n voorlegging gedoen, en aan ‘n paneelbespreking deelgeneem tydens die kongres.
“Baie geluk Joany.”
Bernard Swanepoel is verkies tot die nuwe President van die AHI, en hy neem oor by Christo Botes.
Newcastle Sakekamer het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die volgende persone uit KwaZulu-Natal wat verkies is tot AHI Nasionale Hoofbestuur, geluk te wens.
Also read: Showcasing all things motor and outdoor
– NT Oosthuizen – Newcastle Sakekamer
– Riaan Odendaal – Laer Suidkus Sakekamer
– Frikkie Pretorius – Pietermaritzburg Sakekamer
“Nou pak ons saam weer die nuwe jaar aan.”



