NewsSchools

Volkies se Spaanse Dansers beïndruk

Tydens hierdie eksamen word daar nie net op tegniek gefokus nie, maar ook op styl en die uitvoering van die danse.

Op 27 Oktober 2016 het die laaste groep dansers van Volksrust Hoër Skool Danssentrum hulle eksamens afgelê.

Die leerlinge het vroegoggend al hulle tasse gepak en die lang pad aangedurf Randburg toe waar hulle met groot opgewondenheid en ‘n titseltjie spanning hulle beurt afgewag het.

Read: Volkies excel in Economic Literacy Quiz

Die dansers se uitslae lyk soos volg:

– Nerissa van Heerden slaag Primer Año met eervolle vermelding
– Esmé van der Merwe slaag Primer Año met eervolle vermelding
– Stephanie van Deventer slaag Segundo Año met lof

Stephanie van Deventer verwerf ‘n silwer seël vir haar Medal Test 2 in Spaanse danse deur die Spanish Dance Society.

Tydens hierdie eksamen word daar nie net op tegniek gefokus nie, maar ook op styl en die uitvoering van die danse.

Stephanie het gewys dat sy oor ‘n goeie insig in die styl van Spaanse danse en ‘n sterk tegniek beskik.

Die dansers het ‘n besige kultuurjaar beleef en was dankbaar toe hierdie laaste eksamen ook agter die rug is.

Baie geluk aan elkeen van hierdie dansers met hul goeie uitslae. ‘n Groot dankie aan Hoërskool Volksrust vir die gebruik van die bussie en aan me Rina Erasmus wat die bussie vir ons bestuur het.

Must read on the website:

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on reveshni@caxton.co.za OR Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Newcastle Advertiser: 082 874 5550 and BBM pin D1EF333B.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button