Uitgereik deur Hoërskool Pionier
BAIE geluk aan Jana Schoeman, wat tydens die naweek van Februarie 10 en 11, die 8 myl geswem het by vanjaar se Midmar Myl te Pietermaritzburg.
Sy het haar hart oopgemaak en R 10 000 ingesamel vir die Princess Charlene of Monaco Foundation South Africa, wat spesiaal gestig is vir gestremde kindertjies. Sy het die naweek haar hart uit geswem aan die 8 myl en sy behoort ook nou aan die ‘8 mile club’. Al haar tye was tussen 29 en 35 minute. Ons bars van trots oor hierdie swem-ster! Geluk, Jana! Geluk ook aan Estiaan Botes wat die Midmar Myl voltooi het in 20 minute en 23 sekondes en San-Marie Fourie met ‘n tyd van 38 minute. Ons is ook trots om te berig oor Juf Anneke Gerber wat haar 12de Midmar Myl voltooi het.
Atletiek: Die volgende atlete het goed presteer tydens die afgelope naweek se atletiekbyeenkoms wat by Hoërskool Piet Retief plaasgevind het: Kayla Becker ontvang ‘n silwer medalje vir die 200m en ‘n brons medalje vir verspring, 100m en aflos. Ruan Muller het die 100m gewen en ontvang dus goud. Hy ontvang ook ‘n silwer medalje vir verspring, 200m en 400m. FP de Villiers breek die gewigstoot-rekord en ontvang goud, hy ontvang ook silwer vir diskus. Shanté Veldsman breek ook ‘n rekord by die gewigstoot en ontvang ‘n goue medalje, sy ontvang ook brons vir aflos. Zandri Meyer maak Pionier trots met haar 2 goue medaljes vir diskus en gewigstoot en ontvang ‘n trofee vir die beste veldatleet van die dag. Wel gedaan julle!
Long Course Swemgala: Tydens die naweek van Februarie 4, het die volgende swemmers aan die Long Course Gala te Ladysmith deelgeneem en die volgende plekke behaal: Muller Smith ontvang goud vir 100m borsslag. Henry van Wyk ontvang brons vir 50m vlinderslag. Dirk Grobler ontvang onderskeidelik vir 50m rugslag en 50m vlinderslag brons. Estiaan Botes ontvang 3 goue medaljes, onderskeidelik vir 50m vryslag, 50m rugslag en 100m vryslag en 2 silwer medaljes, onderskeidelik vir 100m rugslag en 50m vlinderslag. Wel gedaan, julle!
Program: Februarie 15-16 – Netbalkliniek, Februarie 17-18 – St Dominique Seunshokkie-toernooi, Februarie 18 – Sarel Cilliers Sportdag.



