Veels geluk aan Hoërskool Volksrust wat weereens as Hokkieskool van die Jaar bekroon is by die pas-afgelope PUK-16 reeks.
Die skool bedank die volgende afrigters vir hulle harde werk:
– Onder-14 – me. Mariaan Pringle
– Onder-15 – me. Daniel Houy
– Onder-16 – me. Karlie van der Westhuizen
– Tweede span – me. Marika Rossouw en
– Eerste span – me. Nicolette Strydom.
Die skool rig ook ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Shaugne Wilken vir al sy harde werk met die doelwagters.
Die uitslae is soos volg:
– Onder-14 span speel teen Fochville en eindig algeheel eerste in die PUK-16 reeks. Hulle wen met ‘n pragtige telling van 6-0.
– Elanie Hepburn word aangewys as Speler van die Wedstryd.
– Onder-15 span wen die beker met ‘n telling van 7-1.
– Ichelle Hepburn word aangewys as Speler van die Wedstryd.
– Onder-16 dogters wen Vryburg met ‘n pragtelling van 7-1. Hierdie span van Volksrust eindig ook algeheel eerste in die PUK-16 reeks.
– Marizelle Deacon is Speler van die Wedstryd.
– Tweede span wen 5-0 teen Vryburg.
– Dikonelo Matsheu word aangewys as Speler van die Wedstryd.
– Eerste hokkiedogters speel teen Bekker en wen ook hulle wedstryd met 2-1.
– René Ernst word aangewys as Speler van die Wedstryd.
Die eerste ligawedstryde vind plaas op 6 Mei teen Oosterland op Secunda. Kom ondersteun gerus die spelers.



