Local newsNews

Vaarwel Dr Jansen

Dr Jansen het in Julie 1977 Newcastle toe getrek as 'n vennoot in die destydse praktyk van Dr Hansen, Lombard en vennote. Uiteindelik, in 1990 het hy sy eie praktyk te York Straat begin.

Na 40 jaar in Algemene Praktyk, het Dr Anfred Jansen besluit om sy praktyk einde Junie af te sluit.

Dr Jansen het in Julie 1977 Newcastle toe getrek as ‘n vennoot in die destydse praktyk van Dr Hansen, Lombard en vennote. Uiteindelik, in 1990 het hy sy eie praktyk te York Straat begin.

Dr Jansen wil sy pasiënte in die besonder as ook die gemeenskap van Newcastle in die algemeen, bedank vir hulle ondersteuning, lojaliteit, vertroue, vriendskap en liefde deur al die jare.

“Dit is baie kosbaar vir my.”

“Thank you to all the English speaking patients who were fine with the fact that I grew up in the Karoo, and therefore English was not my strongest point!”

Die praktyk sal die hele Julie maand oop wees sodat pasiënte hulle lêrs kan gaan haal.

Dr Jansen wens al sy pasiënte ‘n gelukkige en geseënde pad voorentoe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button