Veels geluk aan Hoërskool Volksrust wat weereens as Hokkieskool van die Jaar bekroon is by die pas afgelope PUK-16 reeks.
Die skool bedank die volgende afrigters vir hulle harde werk:
– Onder-14: me Mariaan Pringle
– Onder-15: me Daniel Houy
– Onder-16: me Karlie van der Westhuizen
– Tweede span: me Marika Rossouw en
– Eerste span: me Nicolette Strydom.
Die skool rig ook ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Shaugne Wilken vir al sy harde werk met die doelwagters.
Die uitslae is soos volg:
– Onder-14 span speel teen Fochville en eindig algeheel eerste in die PUK-16 reeks. Hulle wen met ‘n pragtelling van 6-0.
– Elanie Hepburn word aangewys as Speler van die Wedstryd.
– Onder-15 span wen die beker met ‘n telling van 7-1.
– Ichelle Hepburn word aangewys as Speler van die Wedstryd.
– Onder-16 dogters wen Vryburg met’n pragtelling van 7-1. Hierdie span van Volksrust eindig ook algeheel eerste in die PUK-16 reeks.
– Marizelle Deacon is Speler van die Wedstryd.
– Tweede span wen 5-0 teen Vryburg.
– Dikonelo Matsheu word aangewys as Speler van die Wedstryd.
– Eerste dogtershokkiespan speel teen Bekker en wen hul wedstryd met 2-1.
– René Ernst word aangewys as Speler van die Wedstryd.



