Voortrekkers gaan kuier by Louis Hildebrand kinderhuis se kinders vir Mandela-dag
Talischa en Miané de Kock, Jeugleiers van Schuinshoogte Kommando en ons Graad 1 en hul mammas het op Mandela-dag, die kinders se dag spesiaal gaan maak deur saam met hulle koek te eet en warm sjokolade te drink.
Gedurende die vakansie was 17 kinders van Louis Hildebrandt Kinderhuis nie uitgeplaas aan huisgesinne nie, en moes die hele vakansie in die kinderhuis bly.
Talischa en Miané de Kock, Jeugleiers van Schuinshoogte Kommando en ons Graad 1 en hul mammas het op Mandela-dag, die kinders se dag spesiaal gaan maak deur saam met hulle koek te eet en warm sjokolade te drink.
‘n Lekker Voortrekker liedjie is vir hulle geleer. “A sjoe sja sja” spelejies is gespeel en ons het ons kuier afgesluit om saam warmbrakkies (hotdogs) te eet vir middagete.
LJ van Staden, ook Jeugleier van die Kommando, kon ongelukkig nie op hierdie dag teenwoordig wees nie, maar hy en sy ma Pendie, ons Kommandoleier, het spesiaal twee dae later deurgery om hul bydra te maak. “Dit is wat Voortrekkers doen. Jy doen daardie ekstra vir jou medemens uit jou eie want jy wil. Niks is vir jou moeite nie. Jy maak tyd,” sê sy.
Ons het ook donasies van klere en kruideniersware aan hulle oorhandig. Daar is tans 92 kinders woonagtig in die kinderhuis en die behoefte aan klere is baie groot.
Op ons FaceBookblad is al die inligting van die ouderdomme van die kinders en die grootte van die klere wat benodig word.
Vir meer infomasie kontak Pendie van Staden op 083 419 1123 of by vonkmy@gmail.com.



