OP Vrydag en Saterdag 18 en 19 Augustus het die KZN interskole kompetisie by Pionier plaasgevind.
Daar het 92 skuts van reg oor KwaZulu-Natal deelgeneem. Saterdagaand by die prysuitdeling en gala-aand is daar aan al die jaar se prestasies erkenning gegee en die KZN span is aangekondig.
Pionier se skuts het soos volg presteer: Die volgende skuts het hulle persoonlike beste verbeter: Bernice Nel, Dominique Coetzee, Jeandré Terblanche, Johan Harris, Kayla Vermaak, Levras Davel, Pieter Claassen, Righardt van Zyl (1 punt onder die nasionale rekord), Ruan Burger, Ruger Marais, Stephan Schutte, Thomas Kotze, Wynand Marinus, Zarles Duminy, Donné van der Merwe.
YOU MAY ALSO WANT TO READ: A busy week at Vryheid High
AND: Louwsburg school gets the low down on Vryheid Tourism
Die volgende skuts is medalje wenners:
Kayla Vermaak – Silwer o/14 Veerklas
Ruger Marais – Brons o/16 Veerklas
Cayla Putter – 2 Brons o/16 Veerklas
Ryan van Wyk – 3 Brons o/14 Sporterklas
Pieter Claassen – 3 Silwer o/21 Sporterklas
Zarles Duminy – 1 Brons en 2 Silwer o/21 Veerklas
Righardt van Zyl – 3 Goud vir o/16 Veerklas en die volgende trofees: Top 3P o/16 skut, top o/16 veerklas skut, top veerklas 10M skut, top veerklas 3P skut, Top Veerklas skut Algeheel.
Pionier het as skool die volgende trofees ontvang: o/16 Veerspan 1ste plek, o/21 Sporterspan 3de plek, 2de plek vir top Veerskool, 3de plek vir top Sporterskool, Algehele top skool – 3de plek.
Die volgende skuts is by die KZN span ingesluit: Ruger Marais, Thomas Kotze, Jeandré Terblanche, Cayla Putter, Ruan Burger, Zarles Duminy, Righardt van Zyl, Pieter Claassen, Jacques van Romburgh en Johan Harris as seunskaptein.
Die KZN span neem in Oktober aan die nasionale kampioenskap deel in Newcastle.
Dansnuus:
Die volgende dogters het onder 2 verskeie dansskole by die Harrismith Eisteddfod wat op 18 Augustus plaasgevind het, deelgeneem en het soos volg gevaar:
Unity Dance Studio: Anja Muller – A vir solo, Niekie Muller A+ vir solo. Saam het die twee sussies ook ‘n A en A+ behaal vir die groepdanse. ‘n Gedugte span!
Stepping out Dance Academy:
Kayla Becker – A en A++, Megan de Beer – 2 A+ en ‘n A++, Caitlin Scheepers – A+ en A++. Spesiale toekennings is aan die volgende dansers gegee: Megan vir haar Jazz solo, Kayla vir haar modern/contemporary solo, en Megan, Caitlin en Kayla vir hulle trio.
Baie geluk ook aan Kayla Becker wat 100% vir haar modern/contemporary solo ontvang het.
KALENDER
29 Augustus : Mini Loopbaan uitstalling
30 Augustus : Krieket 1ste vs St. Dominiqe
Krieket 2de vs Sarel Cilliers
Krieket 0/15 vs Ladysmith
2 September : 7’s Rugby te Voortrekker Hoërskool



