Soektog na 2018 Jongboer van die Jaar skop af
Die hoofaspek waarop die inskrywings beoordeel sal word, is hulle bestuurs-/besigheidsfilosofie en die tegniese mededinging wat aangewend word om die filosofie mee toe te pas

Die landbousektor ruim jaarliks tyd in om erkenning te verleen aan die jonger geslag boere in die bedryf en hulle deelname te vier met die soektog na ‘n buitengewone boer wat die titel van Toyota Boer van die Jaar waardig sal wees.
LEES OOK: Dag vir Boere van Môre vier die toekoms van die landbou
Die KwaZulu-Natalse Landbou-Unie, Kwanalu, het begin met hulle soektog na ‘n boer jonger as 40 om die provinsie te verteenwoordig in die nasionale kompetisie, wat in Oktober in Pretoria gehou word.
Ter aansporing van vele jong boere uit KZN om vir die kompetisie in te skryf, het HUB Sandy La Marque gesê: “Die kompetisie is die hoogtepunt van die uitsonderlike vaardighede en entrepreneurskap wat nodig is om ‘n suksesvolle boer te wees. Ons weet ons is geseënd met boere van die beste kaliber in die provinsie, maar die kompetisie gaan oor meer as net produksiesyfers of hoe aanskoulik jou plaas lyk. Dit gaan oor gesonde besigheidsvernuf en kragtige landboupraktyke te midde van ‘n hele reeks ander kriteria.”
By die jaarlikse kompetisie sal die mees belowende jong boere uit al nege provinsies om die gesogte titel meeding en die wenner sal met ‘n splinternuwe Toyota Hilux enkelkajuitbakkie wegry. Verlede jaar se wenner was ‘n boer uit die Noordkaap, Jaco Strauss.
READ THIS: KZN are farmers driving transformation
Jong boere, jonger as 40, ongeag of hulle eienaars of vennote in ‘n boerdery is, manlik of vroulik is en ingeskrewe lede van die landbou-unies in hulle provinsies is, kwalifiseer vir deelname.
Die beoordeling en evaluasie van die boere en hulle landboupraktyke, vind op provinsiale vlak plaas waar hulle ten opsigte van alle aspekte van hulle besighede, insluitend hulle vooruitsig op die toekoms van hulle boerdery/besigheid, beoordeel sal word.
Die hoofaspek waarop die inskrywings beoordeel sal word, is hulle bestuurs-/besigheidsfilosofie en die tegniese mededinging wat aangewend word om die filosofie mee toe te pas.
ALSO READ: Farmers are encouraged to look for land reform solutions
Beoordelaars, wat die boere tydens die keuringsproses op hulle plase sal besoek, sal alle fasette van die boere se besighede oorweeg.
Dit geld vir van finansiering, begrotings, beleggingsbeleid tot die tegniese aspekte van veeboerderystelsels, siektebeheer, weidingstelsels en -planne, tot bemesting, onkruidbeheer en bewerkingspraktyke van gewasse en boorde.
Arbeidsfilosofie en behuising, houding en reaksie jeens grondhervorming en swart ekonomiese bemagtiging en selfs die uitleg en voorkoms van die plaas en die plaaswerf is alles gebiede waarop die potensiële toekomstige Jongboer van die Jaar beoordeel sal word.
“Ons moedig al ons jong boere aan om vanjaar in te skryf; hulle is die toekoms van die land se voedselsekuriteit en hulle behoort erkenning daarvoor te kry. Die kompetisie is die hoogtepunt van die buitengewone vaardighede en entrepreneurskap wat nodig is om ‘n suksesvolle boer te wees en ons het geen twyfel dat KZN oor honderde potensiële kandidate beskik nie,” het La Marque gesê.
Inskrywings vir KZN se Jongboer van die Jaar kompetisie sluit op 31 Julie 2018. Vir meer inligting en om nou in te skryf, besoek www.kwanalu.co.za of skakel 033 342 9393.
Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter



