Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: In gesprek met ‘n top-presteerder, Marnus Venter

"Hulle het my aangemoedig om uit my gemaksone te kom en myself sodoende te verbeter."

Volkies gesels met Marnus Venter, top-presteerder 2018, waar hy 7 onderskeidings en 92% as gemiddeld behaal het.

Dit maak hom een van die top-presteerders in die land!

Volkies wil graag weet wat dit is aan Hoërskool Volksrust wat leerders soos Marnus laat uitstyg bo die res of is leerders soos hy maar net baie talentvol gebore.

  • Gee bietjie meer agtergrond oor waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

“Ek is tans besig om my deeltydse studies te voltooi in BCom Finansiële Rekeningkunde, en is voltyds aangestel in die finansiële afdeling van TWK Agri, een van Suid-Afrika se grootste landboumaatskappye. Tussen werk en leer kry ek nie baie af tye nie, maar ek maak seker dat ek gebalanseer leef en ek oefen gereeld. Onlangs het muurbal vir my ‘n baie aangename sport geword, en ek speel dit wanneer ek die geleentheid kry.”

  • Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:

“Glad nie! Volkies is ‘n skool wat gedryf is om die beste uit elke leerder te bring, en bied die geleentheid aan vir studente om hulle talente uit te oefen – in akademie, sport en ander rigtings. Ek het geweet ek kon presteer in Volkies, en dat ek by die regte plek was.”

  • Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:

“Van die dag dat ek by die skool in gestap het, tot die dag wat ek die laaste eksamen geskryf het, het Volkies hulle volle ondersteuning in my akademiese talent geplaas. Maar ek was nie net talentvol gebore nie! Met die Here se hulp, en ‘n skool soos Volksrust Hoërskool waar onderwysers toegewy is om vakke aan te bied en leerders te ontwikkel, was dit nie lank voordat ek op beweeg het in die akademiese range nie. Ek was ook naby die huis, en gewapen met die raad van wyse ouers, het dit my stabiliteit in my hoërskoolloopbaan voorsien. Dis hoekom Volkies my skool van keuse was, en dit het baie deure vir my oopgemaak.”

  • Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:

“Die rustige plattelandse omgewing was ‘n groot voordeel. Mens kon ervaar hoe ontspannend dit is om voor ‘n toets skool toe te stap om jou kop skoon te kry. Omdat die klasse in die platteland nie so groot is nie, is die aandag wat onderwysers gee meer een tot een. Dit het my en ander die geleentheid gebied om baie vrae te vra, en onderwysers kon tot hulp kom op ons vlak. Volksrust is geleë in ‘n vallei met heuwels rondom die dorp, en van hierdie heuwels is sigbaar van die skoolgronde self. Die uitsig wat Volkies het oor die omgewing is, oortuigend, een van die mooistes wat daar is. Dit was so lekker om te oefen met so ‘n uitsig! En daar is ook nie die gejaag wat mens in die stad ervaar nie – daar is geen verkeer ophopings nie, en almal kan betyds wees vir hul toetse.”

  • Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die 3 jaar wat jy daar spandeer het:

“My loopbaan het in graad 10 by Volkies begin, en ek moet se hier is onderwysers wat kan! Volksrust Hoërskool se wetenskap onderrig is briljant, om die minste te se, en baie ander vakke word met uitstaande kwaliteit aangebied. Al wat ‘n leerder moes doen is, is moeite in sit, en die res is alreeds daar! Waarlik ‘n wenresep, wat al baie keer suksesvol was. Volkies het ook al groot naam gemaak in die sport afdeling, en ons hokkie is aan die brand. Die atletiek afrigting is iets besonders, waar atlete individueel hanteer word. Aandag word gegee aan elke atleet se swak en sterk punte, en daar word spesifiek seker gemaak dat elke atleet sy volle potensiaal kan behaal.”

  • Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:

“Ek het atletiek begin doen by Volkies, en ek was maar in die begin gemiddeld wanneer dit kom by spoed. Met die puik afrigting wat ek ontvang het, kon ek teen matriek kompeterende tye hardloop in die 100 m, 200 m en 400 m naellope.”

“Volksrust Hoërskool het ook my die geleentheid aangebied om redenaars te doen, en my deelname het my selfvertroue ‘n hupstoot gegee. Ek gebruik die talent gereeld om idees en inligting deur te gee in my werksplek, en dit is een van die punte wat my laat uit staan.”

  • Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was:

“Die ondersteuning wat ouers bied vir hul kinders is baie belangrik, en ek is dankbaar dat ek by my ouers kon bly gedurende my tydperk by Volkies. Hulle het my aangemoedig om uit my gemaksone te kom en myself sodoende te verbeter. My ouers se hulp en raad was ook naby wanneer daar regte kopkrapper situasies opgekom het. Die feit dat ek by die huis nie baie afleidings gehad het nie, het ‘n goeie leer omgewing geskep en ek het dit ten volle gebruik.”


Contact Us:

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button