Newcastle AdvertiserNewsSchools

NEWCASTLE KZN: Vreemde woorde, nuwe konsepte in Lewenswetenskappe

Elke leerder kon die volmaaktheid van God se werk opnuut weer waardeer.

Vreemde woorde skep nuwe konsepte wat in die Lewenswetenskappe handboeke van deurmekaar matriekleerlinge gestoor word.

Juffrou Joubert vertaal dié onbekende taal sodat die matrieks later self hul werkkaarte kan invul met die bekende inligting van menslike voortplanting.

Die groen bord is lankal reeds propvol biologiese terme en video’s is 2 – 3 keer al gekyk. Soms is slegs verduidelik nie genoeg wanneer vraende oë steeds terugstaar na jou nie.

Op 26 Maart 2021 het Juffrou Joubert egter besluit om die ekstra myl vir haar leerlinge te stap. Die woord is by die daad gevoeg.

Die 2 matriekklasse het die voorreg gekry om ‘n bul se testis te disekteer. Ons kan die teorie beter verstaan toe die anatomie van die testis aandagtig bestudeer kon word.

Elke struktuur, buisie en bloedvat het elk ‘n bepaalde funksie wat bydrae tot die sukses van voortplanting. Elke leerder kon die volmaaktheid van God se werk opnuut weer waardeer.

“Dankie Juffrou Joubert vir dié voorreg, Ons verstaan nou beter,” vertel Stephanie Hepburn.


Contact us

WhatsApp: 082 874 5550

Email: Reveshni Douglas (Editor) at reveshni@caxton.co.za

Make sure you follow us for regular updates:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button