Local newsNewcastle AdvertiserSchools

Volkies vereer akademiese uitblinkers tydens prysuitdeling

Hoërskool Volksrust vereer sy akademiese uitblinkers tydens die 2026-prysuitdeling en beloon leerders vir hul prestasies in 2025.

Hoërskool Volksrust het op Donderdagaand, Februarie 5, sy jaarlikse akademiese prysuitdeling gehou. Leerders is vereer vir hul uitmuntende prestasies gedurende 2025.

Die aand het in ‘n feestelike en trotsgevulde atmosfeer plaasgevind, waar ouers, onderwysers en leerder saam die skool se akademiese sukses gevier het.

Verskeie toekennings is oorhanding, waaronder erekleure, balkies, diplomas vir die hoogste prestasie per vak, asook merietesertifikate vir toppresteerders in elke graad. Hierdie toekennings weerspieëel nie net hoë akademiese standaarde nie, maar ook volgehoue harde werk en toewyding.

Erekleure is toegeken aan graad 11-leerders met ‘n gemiddeld van 80% en hoër, asook graad 10-leerders met ‘n gemiddeld van 85% en hoër.

Balkies is oorhandig aand graad 8- en 9-leerders met ‘n gemiddels van 85% en hoër, graad 10-leerders met 80% en hoër en graad 11-leerders met 75% en hoër.

Merietesertifikate is toegeken aan die top-10-leerders in elke graad van 2025, wat vanjaar onderskeidelik in graad 9 tot graad 12 is. Hierdie leerders het deurgaans uitstekende gemiddeldes behaal en dien as rolmodelle vir hul medeleerders.

Erekleure

Die volgende leerders het erekleure ontvang:

Sinenhlanhla Nombewu, Nico Nel, en Danéel de Jager met ‘n gemiddeld van 80% en hoër in graad 11.

Summer Gordon met ‘n gemiddels van 85% en hoër in graad 10.

Balkies

Balkies is toegeken aan:

Yoridanos Manito met ‘n gemiddeld van 80% en hoër in graad 10.

Rayhaan Moola, Lebogang Nkwane en Jaydine Koekemoer met ‘n gemiddeld van 75% en hoër in graad 11.

Merietesertifikate

Top 10 – Graad 11 (2025), nou graad 12 (2026):

  1. Sinenhlanhla Nombewu – 81.86%
  2. Nico Nel – 81.71%
  3. Danel de Jager – 80.14% en Aphenhle Msibi – 80.14%
  4. Jaydine Koekemoer
  5. Lebogang Nkwane
  6. Rayaan Moola
  7. Rearabetswe Moloi
  8. Mia Myburgh
  9. Nila Deacon

Top 10 – Graad 10 (2025), nou graad 11 (2026):

  1. Summer Gordon – 85.86%
  2. Yoridanos Manito – 80%
  3. Mia Cronjé
  4. Chisom Brown
  5. Zaid Chothia
  6. Amahle Manyathi
  7. Mpilonhle Zwane
  8. Siphosethu Jele
  9. Ayesha Badat
  10. Rofhiwa Mawela

Top 10 – Graad 9 (2025), nou graad 10 (2026):

  1. Fezeka Ntuli – 82.33%
  2. Tyron Visser – 81.67%
  3. Karien Nieuwoudt – 80.67%
  4. Thlalefo Sehlako
  5. Rita-Marie Steyn
  6. Johannes Groenewald
  7. Samkelisiwe Magubane
  8. Ncedo Ngwenya
  9. Sameeha Chothia
  10. Snayekagatsheni Ndlovu

Top 10 – Graad 8 (2025), nou graad 9 (2026):

  1. Mathys Pretorius – 83%
  2. Asande Gumbi – 81%
  3. Stella Gordon – 80%
  4. Vashali Kisten  – 80%
  5. Thandolwethu Hadebe
  6. Zianca de Nyssche
  7. Owethu Mkwanazi
  8. Buhle Twala
  9. Sibahle Nkosi
  10. Luyanda Mpanza

Hoërskool Volksrust is trots op elke leerder wat erkenning ontvang het en sien daarna uit om voort te bou op ‘n kultuur van akademiese uitnemendhied en ‘n volgehoue strewe na sukses.



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and follow us on our WhatsApp Channel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Hoërskool Volksrust

Die inligting in hierdie artikel is deur Hoërskool Volksrust voorsien.

Related Articles

Back to top button