Local newsVryheid Herald

Damesoggend raak harte met storie van hoop

Katrienkie deel haar aangrypende lewensverhaal en boodskap van hoop met dames in Vryheid.

Saterdagoggend het 100 dames van Vryheid en Paulpietersburg ’n onvergeetlike damesoggend by die NG Suid-Oos-gemeente saam met die alombekende Katrienkie bygewoon.

Meer as net Katrienkie

Orrelis, motiveringspreker, maatskaplike werker, Facebook-blogger en skrywer – Corné Badenhorst van Benoni dra al hierdie hoede op haar donkerkop. Heel waarskynlik ken die meeste van die 24 000 volgelinge op haar Facebook-blad haar egter bloot as Katrienkie.

Die storie agter die naam

Haar antwoord op die vraag waarom sy die naam ‘Katrienkie’ gekies het, is ’n hartseer-mooi storie.

“Ek deel graag my lewensverhaal en die pad wat God met my gestap het en steeds stap,” sê sy.

’n Verhaal van verlies en hoop

Haar verhaal is rou, eerlik en diep persoonlik – een van verlies, trauma, oorlewing en uiteindelik hoop. Dit bied ’n blik op die werklikheid van kinderhandel en kinderprostitusie soos dit reeds jare gelede in die hawens van Suid-Afrika plaasgevind het.

“Corné. Rose. Katrienkie. Dit is die name wat ek geken het. En iewers, in die netwerk van kinderhandel, die misbruik van dogtertjies in die Durbanse hawe, studentejare en nog meer, het ek ook die Here gevind.”

Simboliek van die kleipot

Elke dame het ’n kleipotjie ontvang, dit gebreek en weer aanmekaar gesit. Die simboliek daarvan het gewys hoe God met gebroke mense werk.

“Van een kleipotkind na ’n ander. Wanneer ek my skerfies vir God begin gee, dan plaas Hy weer hoop, vreugde en vrede in my kleipotjie.”

Die oggend is afgesluit met sop, broodjies en gesellige saamkuier.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button