SchoolsVryheid Herald

Pionier-redenaar deur na ATKV nasionale kompetisie

Wijtske Fourie wen die KZN-rondte en dring deur na die ATKV nasionale kompetisie.

Pionier is borsbarstrots op ons drie matrikulante wat onlangs aan die provinsiale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem het. In KwaZulu-Natal kry slegs een redenaar per kategorie die geleentheid om aan die nasionale kompetisie deel te neem.

Wijtske dring deur na nasionale finaal

Wijtske Fourie het haarself oortref en as wenner in die onvoorbereide senior afdeling uit die stryd getree. Sy sal, DV, ons skool en provinsie op 4 Augustus by die ATKV Nasionale Redenaarskompetisie in Klein-Kariba verteenwoordig.

Bosman-tweeling sluit sterk af

Die tweeling, Kyla en Mia Bosman, het onderskeidelik derde en vierde geëindig. Wat ’n hoë noot om jare se skoolredenaars op af te sluit!

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button