Hoe rooier hoe mooier by Pionier
Pionier het 'n goeie vertoning teen die groter skole gelewer
VALENTYNSDAG
Op 13 Februarie het die leerders, veral die dogters, hul mooiste vere reggekry en soos supersterre by die Valentynsokkie gespog. Die saal is pragtig versier en die leerders het met hul unieke Pionier-sokkiestyl die aand geniet.
Valentynsdag het vir hope bederfgeskenkies gesorg. Die leerders het weer spoggerig in hulle Valentynsklere gelyk.
ATLETIEK
Op Saterdag, 15 Februarie 2025, het die Interhoër-atletiekbyeenkoms in Standerton plaasgevind. Dit was ‘n dag vol intense kompetisie tussen top skole se atlete. Die atlete het hul beste gelewer en vir goeie kompetisie gesorg.
Pionier het ‘n goeie vertoning teen die groter skole gelewer. Ten spyte van die sterk teenstanders het die atlete van Pionier in verskeie kategorieë presteer en hulself as gedugte mededingers gevestig.
Goud – Anje Erasmus (Hoogspring)
Silwer medaljes:
Schalk Mostert (300mH)
Charissa Volschenk (400m)
Rowan MacDonald (Gewigstoot)
Leonie Joubert (Hoogspring)
Minke Mentz (100m)
Brons medaljes:
Sarah Kgonono (Spiesgooi)
Rowan MacDonald (Diskus)
Maja Slump (Hoogspring)
Mienke Oosthuizen (Gewigstoot)
Janko Hatting (Gewigstoot)
Elaine Barnard (Verspring)
Minke Mentz (200m)
Jacob Bekker (400m)
Simeon Meyer (100m)
Janko Hatting (Diskus)
Die volgende twee aflosspanne het Brons medaljes verower:
Aflos: o.19-dogters:
Gizelle Lourens
Minke Mentz
Mia Kruger
Tanya Fourie
Aflos: o.19-seuns:
Nathan Nel
Hugo Joubert
Gerber Diedericks
Franco Jonker
NETBALEKSAMEN EN -GRADERING
Pionier se netbalafrigters het op 14-15 Februarie saam met ander netbalafrigters van die omgewing by Hoërskool Vryheid onderskeidelik hul netbalafrigtingseksamen geskryf en verskeie wedstryde geskeidsreg om hul netbalgradering te verkry. Pionier is baie trots op die netbalspelers wat ingewillig het om hul Saterdag af te staan om verskeie wedstryde in die hittige son te speel.
ALSO READ: Pioniers weet hoe om te presteer
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



