Pionier is trots op nog ‘n SA-skut
Niquita en Wileze het gekwalifiseer om later vanjaar op die skyfskiettoer na Brittanje te gaan.
Op 11-12 April het vyf van Pionier se beste skuts (Niquita Steyn, Wileze Scheepers, Lesaydi de Wet, Frans Saaijman en Martin Grobbelaar) aan die SANSSU Top80-proewe te Upington deelgeneem.
Niquita Steyn het in die Sporterklas ‘n goue medalje vir die beste algehele telling uit 1600, nl. 1474, behaal. Sy het ‘n silwer medalje vir die beste totale 3P-telling verwerf. Sy is ook een van vier skuts in die land wat ‘n voltalkaart geskiet het. Niquita verwerf ook haar SANSSU-kleure (silwer). Sy het algeheel eerste geëindig.
Wileze Scheepers het in die o.21-Sporterklas in die sesde plek geëindig en verdien dus ook weer haar SANSSU-kleure (brons).
Niquita en Wileze het gekwalifiseer om later vanjaar op die skyfskiettoer na Brittanje te gaan.
NETBAL
Pionier is baie trots op die volgende dogters wat op 25-26 Mei 2025 aan die KZN-proewe in Durban gaan deelneem:
· o.18: Minke Mentz.
· o.17: Mia Pienaar, Abbygail van Tonder en Liané Rabe.
· o.16: Neriska Hamman, Leané Janse van Rensburg, Anzel Oosthuizen en Lianca Badenhorst.
· o.15: Mekayla Jordan en Denise van Wyk.
· o.14: Liné van Niekerk, Nolitha Ndaba, Chané Swanepoel, Carli Eybers en Karen Janse van Rensburg.
ALSO READ: Pionier presteer op sportgebied
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



