Pionier presteer in sport en kultuur
Daar word in spanning op die redenaarsuitslae gewag.
PUK16-FINAAL
Op 25 April is die netbalwestryde by NWU Potchefstroom gespeel. Die netbaldogters het hulle na ‘n lang seisoen baie goed van hul taak gekwyt. Sportmangees en deursettingsvermoë van elke dogter het beslis uitgestaan.
Die uitslae is as volg:
· Die eerstespan verloor 26-31 teen Leeuwenhof en word sesde geplaas.
· Die tweedespan verloor 13-21 teen Leeuwenhof en word tweede geplaas.
· Die o.16A-span wen 21-17 teen Leeuwenhof en word sesde geplaas.
· Die o.15A-span verloor 12-16 teen Alberton en word sesde geplaas.
· Die o.14A-span verloor 1-21 teen Schoonspruit en word agtste geplaas.
Pionier se netbalspanne behaal ‘n algehele vyfde plek. Veels geluk, netbaldogters. Pionier is baie trots op julle.
DOGTERSHOKKIE.
Baie reën het tot gevolg gehad dat al die spanne op die universiteit se Astro-bane gespeel het. Wedstryde is verkort sodat die top 8 skole teen mekaar kon meeding en die res van die 16 skole op punte-basis plek verdien het.
Pionier het vir onderskeie plekke op die PUK-trofee se ranglys gespeel:
0/14 vs Fochville verloor 0 – 4;
0/15 vs Fochville wen 1 – 0;
0/16 vs Hans Strijdom wen 1 – 0;
Eerstespan vs Vryburg wen 2 – 0.
Die o.14-span verower ‘n tweede plek op die Puk-finaal en die span verdien lapelknopies vir hulle plek in die toernooi.
Die volgende spelers word as spelers van die wedstryd aangewys:
0/15: Lise Terblanche.
0/16: René Hatting.
Eerstespan: Anje Erasmus.
SEUNSHOKKIE:
Die seuns het Vrydag, 25 April, aan ‘n rondomtalietoernooi deelgeneem en Kyle Janse van Vuuren word as speler van die wedstryd in die laaste wedstryd teen Randfontein as doelwagter aangewys. Hier volg hulle uitslae in die toernooi.
Pionier vs Ben Viljoen verloor 0 – 3;
Pionier vs Leewenhof Akademie verloor 0 – 3;
Pionier vs Vryburg verloor 0 – 2;
Pionier vs Pretoria Noord verloor 0 – 2;
Pionier vs Randfontein verloor 0 – 1.
Duidelik het dit as ‘n oorwegende juniorspan teen volledige seniorspanne baie goed gegaan.
Baie geluk aan elkeen van die spanne en ons hoop dat dit ook goed sal gaan in die volgende wedstryde van die PSG Super 8-reeks wat volgende naweek reeds in Richardsbaai afskop.
RUGBY
Die rugbyspanne het op 26 April by Hoërskool Alberton vir die finale rondte van die PUK16-kompetisie deelgeneem.
Pionier se eerstespan het 20-31 teen Hoërskool Alberton verloor en eindig sesde algeheel. Drieë: Jacques Richter, Franco Jonker en Josh Jordaan. Verdoel (1) en strafskoppe (1): Gerber Diedericks.
Pionier se o.16-rugbyspan het 34-17 teen Hoërskool Vryburg gewen en algeheel 11de geëindig. Drieë: Dries Booysen (2), Gerhard Oosthuizen (2), Wynand Viljoen en Devan Badenhorst. Verdoel: Ruhan Steenberg (2)
Pionier se o.15A-rugbyspan het 17-24 teen Hoërskool Wolmaranstad verloor en het dus algeheel vierde geëindig. Drieë: Alex Breedt, Rowan Mcdonald en Marnus Pretorius.
Verdoel: Henk Booysen
Die o.14A-span het 0-41 teen Hoërskool Leeuwenhof verloor en algeheel tweede geëindig.
Baie geluk aan elkeen van die spanne en ons hoop dat dit ook goed sal gaan in die volgende wedstryde van die PSG Super 8-reeks wat volgende naweek reeds in Richardsbaai afskop.
SKYFSKIET
Op 21-22 April het 21 Pionier-skuts aan die liga 3-kompetisie deelgeneem.
Hiermee die top5-uitslae:
o.21-Veerklas
· Tweede: Lizaan Jansen.
o.16-Veerklas
· Eerste: Frans Saaijman.
· Derde: Maarten Grobbelaar.
o.14-Veerklas
· Derde: Miané Kriel
o.21-Sporterklas
· Eerste: Wileze Scheepers.
· Tweede: Niquita Steyn.
· Derde: Lesaydi de Wet.
0.16-Sporterklas
· Tweede: Nash Olivier.
· Vierde: Zandré Richards.
o.14-Sporterklas
· Eerste: Daniël Herbst.
· Vierde: Dané Els.
· Vyfde: Marcus Erasmus.
ATKV-REDENAARS
Te midde van ‘n buitengewone, besige program het 18 van ons redenaars op 24 April aan die eerste uitdunrondte van die ATKV-redenaarskompetisie gaan deelneem. Hierdie kompetisie is aanvanklik vir die 25ste April geskeduleer, maar weens die feit dat dit met die PUK-finaal sou bots en baie van die NKZN-streek se redenaars dan tussen sport en kultuur sou moes kies, is die hoërskoolafdeling ‘n dag vroeër deur Hoërskool Ferrum aangebied. Ons is baie dankbaar hiervoor. Dankie aan elkeen van hierdie redenaars, wat bereid was om vroeg uit die vere te spring, hulself in hul netjiesste skooldrag uit te dos om eers hul sprak in Newcastle te gaan sprook, net om dadelik hierna die lang pad na Potchefstroom aan te durf om by hul sportspanne aan te sluit. Ons wag in spanning op die redenaarsuitslae.
ALSO READ: Pionier is trots op nog ‘n SA-skut
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



