Pionier begin met PSG-sportreeks in KZN
Op 8 Mei het die Pioniers die 100ste verjaarsdag van Afrikaans gevier
Op 10 Mei 2025 het Hoërskool Pionier teen Hoërskool Richardsbaai in die PSG-sportreeks teen mekaar op die sportveld meegeding. Die opgewondenheid en sportmangees was duidelik onder albei skole se sportmanne en -vroue te sien.
NETBAL
Die netbaldogters het oor die algemeen uitstekende netbal gespeel en die meeste wedstryde oortuigend gewen.
Die uitslae is as volg:
· Die eerstespan wen 37-14;
· Die tweedespan wen 28-6;
· Die o.16A-span wen 32-5;
· Die o.16B-span wen 16-0;
· Die o.15A-span wen 21-7;
· Die o.15B-span wen 12-7;
· Die o.14A-span verloor 8-14;
· Die o.14B-span verloor 3-7.
HOKKIE
Hokkie teen Ricbardsbaai het baie suksesvol afgeloop. Geen beserings en ‘n baie warm dag het vir die volgende uitslae gesorg:
· Die o.14-span wen 7-2;
· Die o.16-span wen 5-0;
· Die tweedespan wen 9-0;
· Die eerstespan wen 3-0.
Pionier is baie trots op die hokkiespanne wat al hul wedstryde gewen het. Uitstekend!
Die seuns het in ‘n uitstaande wedstryd baie dapper 3-6 verloor. Hierdie oorwegende jong spannetjie vaar elke keer beter teen sterk seniorspanne. Kyle Janse van Vuuren was weer koning daar in die doelhok. Welgedaan.
RUGBY
· Die eerstespan wen 59-0.
Drieë: Hugo Joubert (2), Dawid Joubert (2), Franco Jonker, Richard van der Walt, Corné van der Walt, Jaco Smit, Stephan Nel, Zack du Toit, Gerber Diedericks.
Verdoel: Gerber Diedericks (2).
Strafskoppe: Geen.
Speler van die Wedstryd: Anthony Byrnes.
· Die tweedespan verloor 19-33.
Drieë: Mathew Greyling(2), Christo Diedericks.
Verdoel: Nathan Nel, Calla Strydom.
Strafskoppe: Geen.
· Die o.16A-span wen 14-8.
Drieë: Dries Booysen, Ceagan Calitz.
Verdoel: Dries Booysen(2).
Strafskoppe: Geen.
· Die o.15A-span wen 12-8.
Drieë: Jakob Bekker, Marno Brits.
Verdoel: Verdoel: Henk Booysen(1).
Strafskoppe: Geen.
· O/15B-span wen 12-7.
Drieë: Werner van Tonder, Rams Tshidzuma.
Verdoel: Keanu Janse van Rensburg(1).
Strafskoppe: Geen.
· Die o.14A-span verloor 0-17.
AFRIKAANS IS 100 JAAR OUD
Op 8 Mei het die Pioniers die 100ste verjaarsdag van Afrikaans gevier. Die Afrikaans-onderwysers se idioom- en spelkompetisie het nie sonder soete beloning gepaard gegaan nie. Op maat van afgestofde volksliedjies en die prefekte as loslittige voordansers, het almal saam ge”Aanstap Rooies” tot by “Pollie ons gaan ‘Pêrel’ toe.” Tipies verjaarsdag moes daar koek wees en elkeen kon die vrolike oggend met ‘n kolwyntjie, net so kleurvol soos ons taal, afsluit. Pionier is trots Afrikaans!
ALSO READ: Pionier presteer in sport en kultuur
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



