SchoolsVryheid Herald

Pionier geniet sport en kultuur

Daar is nog een bepaling in hierdie poel oor voordat die finale wedstryde teen die skole in die Suidelike poel plaasvind.

Op 17 Mei het die noordelike poelwedstryde teen Hoërskool Empangeni op tuisgronde plaasgevind.

RUGBY

Eerstespan wen 45-7
Drieë: Hugo Joubert , David Joubert, Stephan Nel (3), Zack du Toit en Jacques Richter.
Verdoel: Josh Jordaan (4) en Gerber Diedericks (1).
Strafskoppe: Geen.
Speler van die Wedstryd: Stephan Nel.

Tweedespan wen 19-14
Drieë: Jean Theron (2) en Dirk Booysen (1).
Verdoel: Nathan Nel en Calla Strydom
Strafskoppe: Geen

O/16-span wen 8-7
Drieë: Thomas Ungerer.
Verdoel: Dries Booysen.
Strafskoppe: Ruhan Steenberg.

O/15A-span wen 34-17
Driëe: Jakob Bekker (1), Rowan McDonald (1) en Simeon Meyer (2).
Verdoel: Henk Booysen (2).
Strafskoppe: Geen.

O/14A-span wen 20-19.
Drieë: Theo Roelofz (1), Leon le Roux (1) en Jurgens Booysen (2).
Verdoel: Geen.
Strafskoppe: Geen.

NETBAL

Op 15 Mei het die netbalspanne, as gevolg van die netbalproewe op 17 Mei, by Hoërskool Empangeni deelgeneem. Die kompetisie was sterk en beide skole se netbalspanne het uitstekende netbal gespeel.

Die uitslae is as volg:

· Eerstespan verloor 25-26.
· Tweedespan wen 17-13.
· O.16A-span wen 13-12.
· O.15A-span wen 13-11.
· 0.14A-span verloor 5-20.

Die KZN-proewe het op 16 en 17 Mei by Curro-skool in Salt Rock plaasgevind. Pionier is trots op die volgende dogters wat in die KZN-spanne ingesluit is:

0.14 – Carli Eybers en Nolitha Ndaba.
0.16 – Leandri Grobler.
0.17 – Liané Rabe.

HOKKIE

Al die dogtershokkiespanne het hul wedstryde oortuigend gewen. Daar was geen ernstige beserings nie en daarvoor is ons dankbaar. Spelers van beide skole het veggees en ‘n gesonde wedywering getoon.

Daar is nog een bepaling in hierdie poel oor voordat die finale wedstryde teen die skole in die Suidelike poel plaasvind.

Hier volg Saterdag se uitslae vir die hokkie teen Empangeni:

0/14 wen 4 – 1
0/15 wen 8 – 0
0/16 wen 6 – 0
Tweedespan wen 6 – 0
Eerstespan wen 8 – 0
Eerstespan seuns verloor 2 – 7

Ons dank aan die Pionier-bestuur vir ‘n mooi dag wat hier op Hoërskool Pionier se gronde plaasgevind het. Dankie aan elke ouer wat hulle kinders kom ondersteun het en elke leerling wat hulle kant op welke wyse gebring het. Ons lof aan spelers wat met goeie sportmangees elke uitdaging aangedurf het.

REDENAARS: SEMIFINALE

Pionier is baie trots op die volgende dogters wat op 16 Mei aan die semifinal rondte van die ATKV-redenaarskompetisie te Hoërskool Kuswag, Amanzimtoti, deelgeneem het: Ivoné Lombard, Wijtske Fourie en Kyla Bosman. Ons sien opgewonde uit na die uitslae, wat binne tien dae bekendgemaak sal word.

OP DIE KALENDER

· 19-23 Mei: Geesvangweek.
· 24 Mei: Sport teen Hoërskool Vryheid.

ALSO READ: Pionier begin met PSG-sportreeks in KZN

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button