Pionier-leerders het gees
Ons wens al ons spanne sukses toe met hierdie laaste oefeninge en wedstryde van die seisoen en die reeks.
Maandag tot Saterdag, 19-24 Mei, het Pionier ‘n heerlike en opwindende geesvangweek vol pretaktiwiteite geniet. Hierdie jaarlikse geesvang aktiwiteite het alle verwagtinge oortref.
Maandag het almal heel deftig soos “Men in Black” aangetrek, Dinsdag was die tema “Twee is beter as een”, Woensdag het almal malvalekkersag in pienk skool toe gegaan, Donderdag moes jy soos jou gunsteling kos of drankie aantrek, Donderdagaand was die saal vol sokkiesterre, Vrydag was dit oranje-wit-en-blou en die onderwysers moes die laaste periode stroopsoet gebind en gemousse op die veld sit.
Saterdag was dit ons jaarlikse derbydag teen Hoërskool Vryheid High School. Sportmangees en deursettingsvermoë het van die dag ‘n reuse sukses vir albei skole gemaak.
Hiermee die netbaluitslae:
NETBAL
· Eerstespan wen 29-26.
· Tweedespan wen 19-16.
· O.16A-span wen 25-14.
· O.16B-span verloor 7-9.
· O.15A-span wen 16-14.
· O.15B-span wen 10-5.
· O.14A-span wen 16-10.
· O.14B-span verloor 7-9.
HOKKIE
Die naweek se hokkiewedstryde het op die A- en B-velde van Hoërskool Vryheid as die laaste wedstryde in die poel uit die noorde plaasgevind. Die PSG Super 8-reeks se finale eindstryde vind volgende naweek in Richardsbaai plaas en ons glo dit sal vir uiteenlopende resultate sorg. Ons wens al ons spanne sukses toe met hierdie laaste oefeninge en wedstryde van die seisoen en die reeks.
Hiermee die hokkie-uitslae
· o.14-span wen 3 – 1.
· o.16-span wen 7 – 1.
· Tweedespan wen 6 – 0.
· Eerstespan: meisies wen 3 – 0.
· Eerstespan: seuns verloor 1 – 8.
RUGBY
Hiermee die rugbyuitslae:
Eerstespan verloor 15 – 28.
Drieë: Jacques Richter , Richard van der Walt en Dylan Smith.
Tweedespan verloor 8 – 44.
Drieë: Mathew Greyling.
Strafskoppe: Carl Strydom.
o.16A-span wen 31 – 17.
Drieë: Seth Jennings (2), Dries Booysen (2) en Riley Viljoen (1).
Verdoel: Ruhan Steenberg(4)
o.15A-span wen 33 – 15.
Drieë: Rowan McDonald, Simeon Meyer, Henk Booysen, Jandrey Joubert en Jacques de Villiers.
Verdoel: Henk Booysen (4).
o.14A-span verloor 5 – 35.
Drie: Liam Oosthuizen.
OP DIE KALENDER
· 30 Mei: Pantoffeldag.
· 31 Mei: Skyfskiet-liga 4.
· 31 Mei: PSG Super 8-reeks se finaal.
ALSO READ: Pionier geniet sport en kultuur
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



